|
|
Wilma Stockenstrom Aanhalings
| |
A, dat die slopers kom om my oë uit te slaan! Genoeg het ek gesien. Oorbodige bepeinsinge bewaar in my kamers, ek, argief van gistergerigtheid oumensbewend onder my dun laag dagha. ~ Wilma Stockenstrom - "Ou gebou" , Vir die bysiende leser, 1970
Welkom, vreemdeling vergetelheid. Skroom nie om jou donker vakuum om my uit te brei, vergroting van die duister agter my ooglede. ~ Wilma Stockenstrom - "Welkom, vreemdeling vergetelheid", Spieël van water, 1973
Eendag sal ek, weet ek, die dood met laggende skedel trotseer. ~ Wilma Stockenstrom - "Die skedel lag al huil die gesig", Van vergetelheid en van glans, 1976
Ek sê mos die skedel lag al huil en huil die gesig ~ Wilma Stockenstrom - "Die skedel lag al huil die gesig", Van vergetelheid en van glans, 1976
Klippe is soms hoeders van fossiele.... ~ Wilma Stockenstrom - "Die klip", Vir die bysiende leser, 1970
klein verlede, verwaai en verspot, vergete en toetental beteuterd in die gang van 'n vasteland wat geduldig sy grondwater aanvul met bloed en met bloed bemes... ~ Wilma Stockenstrom - "Boerebeeldjie", Van vergetelheid en van glans, 1976
|