|
|
Willem de Klerk Aanhalings
| |
Die Afrikaner het 'n neiging om simboolblind te wees. En 'n voorliefde om die verlede voort te sit. ~ Willem de Klerk - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Maselspoort, 1978
Afrikaners (is) vandag kroes, kras en kordaat....Afrikanerwees is die laaste paar jaar kroes. Letterlik inmekaar gekrul, siek ,olik. Afrikaners is aan die rondmaal soos 'n klomp vasgekeerde skape...Dan is daar die hink-en-pink Afrikaners wat etikette om hulself hang: die ontnugterdes; die rigtingloses; die sinici; die magteloses; die bedruktes; die beswaardes; die afwagtendes wat wag op 'n kaptein wat weer hekke sal oopmaak...Afrikaners het kroes geword. Ander klein volkies is in hulle kroesheid uiteindelik uitgewis. ~ Willem de Klerk - Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000
Die formule vir die Afrikaanse gemeenskap is saam te vat in drie begrippe: eiebestaan, naasbestaan en saambestaan. ~ Willem de Klerk - Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000
Ons het 'n afstootlike eksklusiwiteit vertroetel wat in apartheid sy hoogtepunt bereik het. Hoewel daar "versagtende omstandighede" was, het die eksklusiwiteit ontaard in 'n gees van toe-eiening waaraan ons godsdienstige sanksie gegee het. Ons het "heilige name" aan die eksklusiwiteit gegee en die ergste is dat ons dit geglo het. In plaas van onsself te bemagtig, het die eksklusiwiteit ons stap vir stap ontmagtig. ~ Willem de Klerk - Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000
|