In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanner hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar's 'n dooie donkie in of 'n skaap of 'n aasvoël of 'n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem 'n deel van daai stroom en hy verstil hom tot 'n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en die hemel en die sterre weerkaats.
~ Uys Krige
- Uys Krige in gesprek met Jan Rabie, Gesprekke met skrywers 3