not logged in

Unknown Aanhalings

Daar is ook Engelse aanhalings deur die outeur.

Werk is goed, solank jy net nie vergeet om te lewe nie.

~ Unknown

- Afrika-spreekwoord

Om te rus kry jou nie daar nie.

~ Unknown

- Ugandese spreekwoord

Ek weier om vergaderings te lei waarop snotkop prefekte en werkers met standerd 6 nou skielik 'n sę het.

~ Unknown

- anonieme skoolhoof aan die Afrikaanse digter Antjie Krog

Ons is almal huurders en een of ander tyd sal die groot Huisbaas ons kennis gee dat ons huurkontrak verstryk het.

~ Unknown

- Inskripsie op Joseph Jefferson, Amerikaanse akteur, se graf


Hy kan nie toneelspeel nie, hy kan nie sing nie, het 'n effense kaalkop, kan 'n bietjie dans.

~ Unknown

- na bewering die uitspraak van 'n talentsoeker oor Fred Astaire

Ek is 'n dromer omdat ek 'n realis is.

~ Unknown

As Amerika nies, kry Europa verkoue - en die Derde Węreld longontsteking.

~ Unknown

- alledaagse gesegde op aandelebeurse węreldwyd

Tydens die ineenstorting van die beurs in 1929 het mense uit vensters gespring. In 1987 het hulle hul makelaars geskiet.

~ Unknown

'n Lening kom uiters selde lag-lag huis toe.

~ Unknown

Elke keer as die geskiedenis homself herhaal, gaan die prys op.

~ Unknown

Goeie toesig is die kuns om gemiddelde mense te kry om superieure werk te verrig.

~ Unknown

Hier is die begin van 'n nuwe dag.
God het aan my hierdie dag gegee om te gebruik soos ek wil.
Ek kan dit vermors of groei in sy lig
En tot diens wees van ander.
Maar wat ek met hierdie dag doen, is belangrik
Omdat ek 'n dag van my lewe daarvoor geruil het.
Wanneer more aanbreek,
Sal vandag vir ewig verlore wees.
Ek hoop dat ek nie die prys wat ek daarvoor betaal het, sal berou nie.

~ Unknown

South Africa's Top Sites