not logged in

T.T. Cloete Aanhalings

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur 'n digter gemaak

~ T.T. Cloete

- "God die digter", Driepas, 1989

Die digter is ook 'n dief, hy steel
van elke liggaam en elke gesig
en siel iets, van wie hulle nie heel
en bymekaar hou nie roof hy iets vir 'n gedig.

~ T.T. Cloete

- "Hamster", Jukstaposisie, 1982

kleef aan jou bed
die hemel is hol
en koud en ver verset
jou teen die dood wurmpropvol

~ T.T. Cloete

- "Lê en roer", Allotroop, 1985


Niks bly
doos dit is nie. Soos snoei
is ook aanplant sny,
en uitroei.
Alle snye groei.

~ T.T. Cloete

- "Allofonie", Allotroop, 1985


South Africa's Top Sites