|
|
Spreekwoorde
| |
As jy vir ander bid, word aan jouself voorsien. ~ Spreekwoorde - Joodse spreuk
Bid een keer voordat jy oorlog toe gaan; twee keer voordat jy 'n seereis aanpak; drie keer voor jy trou. ~ Spreekwoorde - Volkspreuk
Armoede is die sesde sintuig. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
Armoede - 'n sonde wat die rykes nie kan vergewe nie. ~ Spreekwoorde - Russiese spreekwoord
Berou vernietig skuld. ~ Spreekwoorde - Nederlandse spreekwoord
'n Berouvolle skulderkentenis kom baie na aan onskuld. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
Boeke en vriende moet min en goed wees. ~ Spreekwoorde - Spaanse spreekwoord
Woorde wek; voorbeelde trek ~ Spreekwoorde - met jou gedrag oefen jy meer invloed uit as met jou woorde
Laat 'n stomp so lank as wat jy wil in die water: dit sal nooit 'n krokodil wees nie. ~ Spreekwoorde
Wanneer olifante veg, is dit die gras wat vertrap word. ~ Spreekwoorde
Onthou, ons moet sterwe.
(Memento mori) ~ Spreekwoorde - Romeinse Spreuk
Arm of ryk, die dood maak almal gelyk. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
'n Griek sal tien Jode kul, 'n Armeniėr tien Grieke. ~ Spreekwoorde - Oosterse spreekwoord
'n Silwer hamer breek 'n ysterdeur. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
'n Man met 'n suur gesig behoort nie 'n winkel te begin nie. ~ Spreekwoorde - Japanese spreekwoord
Geld wat stom is, maar reg wat krom is. ~ Spreekwoorde - Nederlandse spreekwoord
Goeie dade is die beste gebede. ~ Spreekwoorde - Serwiese spreekwoord
Wanneer jy in gebed jou hande saamvou, maak God sy hande oop. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
Niemand is 'n goeie regter in 'n saak wat homself raak nie. ~ Spreekwoorde - Romeinse spreekwoord
Al vergaan die wźreld ook, geregtigheid moet voortgaan. ~ Spreekwoorde - Romeinse spreekwoord
'n Argument is 'n kringloop. ~ Spreekwoorde - Latynse Spreuk
Gelykheid in ongeregtigheid is geregtigheid. ~ Spreekwoorde - Egiptiese spreekwoord
Geregtigheid gaan verlore deur onbruik. ~ Spreekwoorde - Regspreuk
|