|
|
P.G. du Plessis Aanhalings
| |
...as jy 'n betrokke roman skryf, is jou kanse op 'n goeie resensie beter as wanneer jy nie betrokke skryf nie. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Dit lyk altyd vir my gevaarlik wanneer skrywers meer vir hulle mede-skrywers te sê het as vir hulle lesers. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Ek hoop nie ons land dáár waar sommige Europese kulture aangeland het nie: dat elk van die gedagterigtings dink dat daar net uit sy uitgangspunt literatuur te make is. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Skryf (is) 'n alleending...'n koppige ding, 'n individuele ding...Literatuur (word) veral so gemaak, nie net uit modes en rigtings en aanvaardhede-vir-die-oomblik en style-van-die-dag nie...of deur 'n saamkokery rondom dekades, gedagterigtings en modes nie. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Die kankersel teel net aan, redeloos soos 'n gilde. ~ P.G. du Plessis - in kommentaar op die stigting van die Afrikaanse Skrywersgilde
Ons moenie onder mekaar sit en membrane jag, terwyl ons Afrikaanse letterkunde vir die eerste keer werklik bedreig word nie. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
|