Ons moet 'n beleid volg en 'n praktyk uitwerk wat die gemeenskaplike in ons samelewing bevorder en beskerm, en terselfdertyd dit wat waardevol is in ons diversiteit eerbiedig....'n "Gariep" -nasie dus, waar die systrome in die hoofstroom saamvloei sonder dat dit ooit deur 'n kommunistiese oorstroming van een of ander stroom oorspoel en uitgewis word...As ons nie in Suid-Afrika 'n kultuur sonder grense kan bevorder nie, dan gaan ons eenvoudig die loopgrawe van toekomstige etniese oorloë verdiep.
~ Neville Alexander - tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996