|
|
N.P. van Wyk Louw Aanhalings
| |
About N.P. van Wyk Louw
 Life: 1906 - 1970 Country: South-Africa Profession: Poet; Nicolaas Petrus van Wyk Louw (b. June 11, 1906 in Sutherland, formerly Cape Province, now Northern Cape Province in South Africa; d. June 18, 1970), almost universally known as N.P. van Wyk Louw, was an Afrikaans-language poet, playwright, and scholar. He is the older brother of Afrikaans-language poet W.E.G. Louw.
One of the Dertigers, or "Writers of the Thirties," N.P. van Wyk Louw produced among his most famous works his debut 1935 volume of poems, Alleenspraak ("Monologue"), the 1937 poetry collection Die halwe kring ("The Semicircle"), the verse epic Raka, and the 1956 tragedy Germanicus.
N.P. van Wyk Louw is quoted on the Afrikaans Language Monument in Paarl, Western Cape Province; in his quote, he views Afrikaans as a bridge that connects Europe with Africa.
The South African composer Cromwell Everson composed a song cycle, "Vier Liefdesliedjies", that used three of Louw's poems: "Nagliedje", "Net altyd jy" , and "Dennebosse".
more...
AanhalingsEk het vergeet - nie geweet? - in die dae toe ons jonk was: Afrikanerskap is nie heilig. Ons wou dit heilig hê; ons wou die volte van menslikheid daaraan gee. ~ N.P. van Wyk Louw - "Nuusberigte: 1956", Tristia, 1962
Teelbere en -soê (gedek en ongedek) het elkeen ook 'n taak - nes Afrikaners. ~ N.P. van Wyk Louw - "Voorlopige dood van die jambiese vyfvoeter", Tristia, 1962
Afrikaans kan vitaal bly alleen solank hy die draer van ons volle noodlot, van ons wete-na-albei-kante-toe bly; solank hy konkreet en abstrak bly dink; solank as Europa en Afrika in hom lewe; Afrika wel, maar tog ook altyd Europa. ~ N.P. van Wyk Louw - Vernuwing in die prosa, 1961
hy't nog nie ons volk vertrou, net soos dit is, nie: swak, met sterkte daardeur gevleg, onwys, met wysheid net hier en daar soos goudstof in die slik: 'n gewone volk op onmerkwaardige aarde. ~ N.P. van Wyk Louw - Die pluimsand waai ver, 1972 (geskryf in 1964)
Die literatuur is sentraal in elke kultuur. ~ N.P. van Wyk Louw - "Van die redaksie", Standpunte, I, 1 Desember 1945
Ons volk se moontlikhede is miskien talryker as wat ons meen. En 'n literatuur kan nooit vooraf teoreties in kafees of kroeë, voorkamers, kollegesale of redaksiekantore gemaak word nie. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Die wêreldliteratuur is 'n volle orkes - nie 'n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is 'n aparte instrument met 'n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word 'n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade. ~ N.P. van Wyk Louw - Inleiding tot JPJ van Rensburg se vertaling van Die vroue van Troje deur Euripides, 1945
Die poësie is 'n knooppunt van vele kragte, die roerlose punt tussen vele spannings: van tydsgebeure en tydeloosheid, van intellek en drif, van eensaamheid en werking na buite, van 'n absolute skoonheid en die stof van die daaglikse taal; so dan ook is dit die knooppunt van 'n eie persoonlikheid se strewe en 'n volk se bestaan. ~ N.P. van Wyk Louw - Dankwoord by die toekenning van 'n eredoktorsgraad deur die Rijks-universiteit van Utrecht, 20 September 1948
Die digter moet soms na verskillende kante to skiet. Ander kere moet hy van alle skiet vergeet. Net werk en wees. ~ N.P. van Wyk Louw - Toespraak by die aanvaarding van erelidmaatskap van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, 22 Oktober 1963
Die suiwer demokrasie is regering deur oorreding. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
...die redelike demokrasie is 'n hoë en edel maar 'n gevaarlike leefwyse; dit is geen rusbed waarop 'n volk hom kan uitstrek nie. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
So noodsaaklik soos die bloedsomloop vir die liggaam is, so noodsaaklik is die sirkulasie van gedagtes vir 'n volk. Die sirkulasie van gedagtes; dis die vrye uitspreek van eie mening en die aandagtige luister na die mening van ander, sodat 'n wisselwerking ontstaan... ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Die vrye meningswisseling is die lug waarsonder ons nie kan lewe nie... ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Die een Verskriklike wat ons moet vrees, is die stilte wat oor die wêreld sal neersak wanneer daar nie meer binne die volke gepraat sal word nie, gestry, geredeneer nie; en die volke self teenoor mekaar nors en stil en sonder gesprek soos groot roofdiere sal lê. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Die demokrasie is redeliker en mensliker. Hy aanvaar die domheid as een van ons grondtrekke, en hy het sy swaar soort geduld daarmee. Hy beweeg dus traer, maar met 'n minimum aan geweld; en hy kan dit bekostig om oor die traes te glimlag. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Daar is geen edeler plesier as die intellektuele omgang met mense wat totaal anders dink as jy nie - wat ander dele van die eindelose rykdom van die waarheid tot hul besit gemaak het... ~ N.P. van Wyk Louw - Weegskaal, 1982
want alles was deurweek van sterflikheid. ~ N.P. van Wyk Louw - "Aanraking van die dood", Die halwe kring, 1937
Filosofeer is niks anders nie as: "streng en omvattend dink". ~ N.P. van Wyk Louw - Maskers van die erns, 1955
Die filosofie kan ons niks gee nie - beter gestel: kan ons niks bygee nie. Dit kan ons alleen die wêreld met natuurlike oë laat sien. ~ N.P. van Wyk Louw - Maskers van erns, 1955
Bid is 'n daad. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Kritiek kan nooit 'n held skade aandoen nie. Hy het eeue voor waarin sy waarde bepaal kan word, sy eer herstel kan word. ~ N.P. van Wyk Louw - Oktober 1946
Lewe uit 'n tradisie...dit is leef in 'n bestendige debat met die verlede. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Elke tradisie voer heelwat opdrifsels met hom mee. ~ N.P. van Wyk Louw - Inleiding tot JPJ van Rensburg se vertaling van "Die vroue van Troje" deur Euripides, 1945
|