Afrikaans-wees is meer as kerkbasaars, geloftedagvieringe, sustersverenigings, Broederbond en Rapportryers, Bles Bridges, die dominee en die skoolhoof. Jy kan Boheems in Afrikaans wees, jy kan 'n węreldburger of 'n kommunis of 'n sosialis of 'n Katoliek of 'n Hare Krishna wees - jy kan wees net wat jy wil en nog Afrikaans wees. En jy kan baie beslis 'n demokraat en Afrikaans wees.
~ Max du Preez - oor Vrye Weekblad se boodskap aan Afrikaanssprekendes tydens die laaste jare van apartheid, Oranje Blanje Blues - 'n nostalgiese trip, 2005