Vir my is die skryfkuns - en al die ander kunste - 'n poging om hierdie aardse bestaan te begryp en dan te verduidelik aan die ewemens, wat elk op sy eie manier soek om dit te begryp. Elke kunstenaar is in sy eie rigting 'n soeker en 'n verduideliker...Raak sien en met waarheid beskryf, dit is die essensiële.
~ M.E. Rothmann - aangehaal deur Alba Bouwer, Boekewêreld, 18 Mei 1994