|
|
Hennie Aucamp Aanhalings
| |
Skinder op sigself mag 'n nederige vorm van narrasie wees, maar as voedingsbron vir literatuur het dit geen gelyke nie. ~ Hennie Aucamp - Pluk die dag,1994
Kies jou vyande met groot oorleg. 'n Toegewyde vyand is 'n onuitputlike inspirasiebron. ~ Hennie Aucamp - Pluk die dag, 1994
Letterkunde is 'n vak wat die lewe self reflekteer en is dus so ruim dat alle pogings tot definiëring van die vak te kort skiet. ~ Hennie Aucamp - Kriterium, 1964
Beskawing staan op twee bene. Die een heet Dankie en die ander Ekskuus. En aan die manier waarop 'n volk (en 'n individu) "dankie" en "ekskuus" sê, kan sy beskawingspeil afgelei word. ~ Hennie Aucamp - Pluk die dag, 1994
In krisistye is kultuur geen luukse nie maar die hoogste vorm van selfbehoud. Want kultuur staan vir interne orde, en interne orde is die fondament van alle beskawing. ~ Hennie Aucamp - Pluk die dag, 1994
|