not logged in

Eugene N. Marais Aanhalings

Jingo-Afrikaans - mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal - die taal door sy vaders gesproke - verag.

~ Eugene N. Marais

Stadig deur die rietpensele
Naar die diepte sak Lalele

~ Eugene N. Marais

- "Mabalêl", Nuwejaarsnommer van Die Burger, Januarie 1923 (opgeneem in Gedigte, 1925)


Net pagters ons
van stof en dons
om oor te voer aan
Skoppensboer.

~ Eugene N. Marais

- "Skoppensboer", Die Brandwag, 25 Mei 1921


...oor alles hou die wurm wag
en stof en as is al wat bly:
Want swart en droef,
die hoogste troef
oor ál wat roer,
is Skoppensboer.

~ Eugene N. Marais

- "Skoppensboer", Die Brandwag, 25 Mei 1921


Gewis is alles net 'n grap!
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met 'n lampfer-lap
wat selfs die son 'n skadu gee.

~ Eugene N. Marais

- "Skoppensboer", Die Brandwag, 25 Mei 1921


South Africa's Top Sites