not logged in

Elisabeth Eybers Aanhalings

die eindelike rus as sag
de kersvlam groei en krimp en groei
en plotseling wegsink dat die nag
soos watermure oor my vloei.

~ Elisabeth Eybers

- "Portret", Die vrou en ander verse, 1945


Die eensames voel nooit alleen
in die wit broederskap van been,
hier kan die digter sonder skroom
hom blywend toespin in sy droom.
Geen jaarlikse belastingheffing
op hierdie langtermynbelegging
geagte leser, dié geleentheid
bied hom slegs een keer in 'n leeftyd.

~ Elisabeth Eybers

- "Wespark", Die helder halfjaar, 1956


South Africa's Top Sites