|
|
D.J. Opperman Aanhalings
| |
Ons volk is in die wêreld voëlvry verklaar... ~ D.J. Opperman - 1968
"Ek is 'n Afrikaner!" So staan Hollanders, Duitsers en Franse saam met die hiergeborenes onder daardie naam. ~ D.J. Opperman - 1956
Ons sal nie halfnaatjies...hier word, want ons mag U wette nie versteur; maar elkeen vermenigvuldig na sy soort en lewe langs mekaar volgens U woord. ~ D.J. Opperman - Vergelegen, 1956
Hóé kon die rykes van 'n ryk ooit weet Dat ons sou veg vir ruimtes van ons land Al moes ons in die veld rysmiere eet?
~ D.J. Opperman - Joernaal van Jorik, 1949
God het mos in die storm ons volk se leiers tussen klip en blits met baarde, Bybel en sambok gevorm... ~ D.J. Opperman - Joernaal van Jorik, 1949
...ons is geen volk maar 'n mislukte spul opstandelinge! ~ D.J. Opperman - Joernaal van Jorik, 1949
Ek het die wondere van God beskryf en al die monsters uit my hart verdryf. ~ D.J. Opperman - "Man met horries" uit "Brandaan", Engel uit 'n klip, 1950
Woord wek woord en wederwoord en die gedig ontstaan dan, ensovoort. ~ D.J. Opperman - "Paars poëtica", Kuns-mis, 1964
Die rym neem ook 'n hele lewe in beslag: jou doen en dink, jou soek na ander en jou wag. ~ D.J. Opperman - Periandros van Korinthe, 1954
'n Digter moenie lank tussen dieselfde mense woon maar altyd afskeid neem van plekke en persoon sodat hy eensaam swerwend nuwe vergesigte sien en in sy swerflings suiwer die kuns kan dien. ~ D.J. Opperman - Periandros van Korinthe, 1954
U moet minder op boeke en meer op mense let. ~ D.J. Opperman - Vergelegen, 1956
O lessenaar van jou lyf, my klein inkput waaruit ek skryf. ~ D.J. Opperman - "Poërotica", Kuns-mis, 1964
Tevergeefs die gebede teen sterwe - sy kom: wit voorskoot vol haelkorrels... ~ D.J. Opperman - "Wit duiwelin", Edms. Bpk., 1970
Broers, ons het almal sonder God gedroom. ~ D.J. Opperman - Vergelegen, 1956
|