|
|
Breyten Breytenbach Aanhalings
| |
About Breyten Breytenbach
 Life: 1939 - ? Country: South-Africa Profession: Poet; Breyten Breytenbach (born September 16, 1939) is a South African writer and painter with French citizenship.
Breyten Breytenbach was born in Bonnievale in the Western Cape, approximately 180 km from Cape Town and 100 km from the southernmost tip of Africa at Cape Agulhas. He studied fine arts at the University of Cape Town and became a committed opponent of the policy of apartheid. He left South Africa for Paris in the early 1960s. When he married a French woman of Vietnamese ancestry, he was not allowed to return: The Prohibition of Mixed Marriages Act (1949) and The Immorality Act (1950) made it a criminal offence for a white person to have any sexual relations with a person of a different race.
more...
AanhalingsOns taal is 'n grys reserwis van meer dan honderd jaar met die vingers styf om die snellers - ~ Breyten Breytenbach - "(taalstryd)", Lewendood, 1985
Julle sal leer om gehoorsaam te wees, gehoorsaam en onderdanig. En julle sal die Taal leer gebruik, onderdanig sal julle dit gebruik want in ons lê die monde met die gif in die klop en die spoel van die hart ~ Breyten Breytenbach - taalstryd, Lewendood, 1985
Ons bring vir julle die grammatika van geweld en die sinsbou van verwoesting - uit die tradisie van ons vuurwapens sal julle die werkwoorde van vergelding hoor stotter. ~ Breyten Breytenbach - taalstryd, Lewendood, 1985
En julle sal die Taal asseblief leer gebruik, gehoorsaam sal julle dit gebruik, breek... ~ Breyten Breytenbach - taalstryd, Lewendood, 1985
Ons is waarskynlik soos 'n klomp bekeerde alkoholiste. Ons drink nie meer nie, maar elke slag as jy by daardie kroeg verbygaan, dan ruk daardie elmboog nog so. Ek bedoel dat as ons 'n klomp mense soos hierdie bymekaarmaak, dan dink mense onmiddellik in terme waarskynlik van 'n stryddag en van 'n gekonkel en 'n gekoukus en so aan. Maar ons gaan probeer om soos ordentlike beheerde alkoholiste heeltemal oop kaarte te speel, van voor tot agter, en om so onafrikaans soos moontlik te werk te gaan. ~ Breyten Breytenbach - tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996
As ek my Afrikanerskap vandag kon opsê, sou ek dit doen. Ek skaam my vir my mense. ~ Breyten Breytenbach - in 'n brief aan Die Burger, 2 Junie 1965, nadat sy Viëtnamese vrou, Yolande, se aansoek om 'n visum afgekeur is
 Alle praat in hierdie treurige, bitter, bont, begrafnisland is politiek - of dit nou fluisterpraat, kakpraat, wind - of spoeg- of saampraat is. ~ Breyten Breytenbach
 die arme Afrikaners hulle wat die lug gekneus het en plastiek in môre geplant het hulle wat in skroomlikheid kinders maak en kordaat soos lafaards
in 'n geluidlose gekerm om liefde met harde knuppels en sagte piele met slakkerige tongvleis en klipperige skaamlippe in die donker na wat donker is soek in lok-asies agter bossies
~ Breyten Breytenbach - "16 Maart 1974", Soos die so, 1990
Om oor Afrika te vlieg is 'n topografie van landmeterskap wat aan die mistieke grens - die oog kan nooit lank genoeg rek ~ Breyten Breytenbach - 1993
nou betoog 'n geleerde elle en lelle geleerdheid oor die selfbestemmingsreg van 'n volk en ons wat nooit 'n volk was nie maar slegs volk ~ Breyten Breytenbach
sjebienfilosowe, bergkaffers, wolkdeskundiges, motorkarsangers, opregte oneerlike aanjaers ~ Breyten Breytenbach - 1997
 plant my op 'n heuwel naby 'n dam onder leeubekkies laat die sluwe bitter eende op my graf kak in die reën ~ Breyten Breytenbach - "Bedreiging van die siekes", die ysterkoei moet sweet, 1964
- moet ek ook 'n dieper wending gee? dat ons almal net ballinge is van die Dood om binnekort "huis toe" te mag gaan? ~ Breyten Breytenbach - "luistervink", kouevuur, 1969
daar is niks met ons verkeerd wat die dood nie reg kan maak nie ~ Breyten Breytenbach - "beskrywing", Raster, 5(1), 1971
maar kyk, ons is elk self die koetsier van verbygaan, goejop-regop met hande verwelk om die doodskar se leisels. wat só bid-bid is on reis gewik, koel, 'n skelet gekelk in die dagkabaai van vleis... ~ Breyten Breytenbach - "om te lewe is om te brand" - Andrei Voznesenski, Eklips, 1983
anoniem maar rustig en aan geen bloed verknog: miskien is die dood dan 'n verowerde asiel ~ Breyten Breytenbach - "23 Februarie 1974", Soos die so, 1990
die dood is niks is slegs 'n oorgang van asem na ontasem ~ Breyten Breytenbach - "vuur op die maan", Oorblyfsels: 'n roudig, 1997
die dood is 'n afglansing vir die lewe: wanneer die spieël breek kom die tyd van onbevangenheid ~ Breyten Breytenbach - "vuur op die maan", Oorblyfsels: 'n roudig, 1997
elke droom skryf so sy klein, geheime briewe soggens soek ons die rofies ink in die spieël om dit weg te kan bêre in argiewe maar die wonde genees nie ~ Breyten Breytenbach - "drome is ook wonde", Die huis van die dowe, 1967
|