Toe ek die tragedie by jou oorgeneem het, was hy in 'n treurige kondisie: die een vetlaag op die ander pleks van spiere. Vol geswolle woorde, rye rye blaasoppies. Ek het die hele klomp soustannies dadelik op 'n verslankingsdieet gesit: kleiner woorde, geen bombas of retoriek nie, verder 'n bietjie fyngekapte logika verdun met beetsap, die hele spul gefiltreer deur 'n bietjie beskaafde omgang en die spysvertering aangewakker deur 'n lewendiger, atletieser verspas....
~ Aristophanes - Die paddas (vertaling deur Merwe Scholtz)