not logged in

Antjie Krog Aanhalings

Afrikaners het 'n spesifieke kultuur, een waarvan die essensie vir dekades en langer een van onverdraagsaamheid was, en hoofsaaklik nog steeds is. Of 'n Afrikaner in die PAC of in die AWB is, hy is basies onverdraagsaam. Die onverdraagsaamheid dra verskeie klede. Dit word veral toegedek met eufemismes soos "vryheidsdrang" "liefde vir grond", "selfregering", en seder die nuwe bedeling "'n verset teen Kommunisme". Wat dit in werklikheid is, is dat die Afrikaner nie iets met iemand wil deel nie.

~ Antjie Krog

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Hy wil baas wees op sy eie plaas. Hy wil regeer, al moet dit dan in 'n volkstaat wees. En hy soek, al is dit 'n sambreel of 'n speldekop, maar êrens gaan hy 'n baas wees. Sy taal wou hy nie deel met bruin nie; sy huis en toilet wou hy nie deel met swart nie.

~ Antjie Krog

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

As digter skryf ek 'n taal wat, gesien in die lig van wat alles aangespreek moet word, nie meer saak maak nie, binne 'n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie...Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literêre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net 'n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide SAUK. Buite die ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer 'n ma of Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou 'n eerbare bedeling vir myself en my gesin te begin.

~ Antjie Krog

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

South Africa's Top Sites