not logged in

André P. Brink Aanhalings

Dit sou skrikwekkend wees as 'n hele fase van die literatuur moet verbygaan waar geen seismografiese registrasie was van wat op die oppervlak van die volk aangaan nie. Betrokke literatuur is as sodanig nie beter of slegter as ander literatuur nie, en sal môre - of voor môre - uitvrek as dit nie meer as die passing show registreer nie.

~ André P. Brink

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975

Ons het nou genoeg gepraat. Dit het nou tyd geword dat die skrywer net doodeenvoudig voortgaan met sy werk.

~ André P. Brink

- in reaksie op die sensuurbeleid van die Suid-Afrikaanse regering, 1975


Ek kan nie nié skryf nie. Sedert ek nege was, het ek geweet ek moet 'n skrywer wees.

~ André P. Brink

South Africa's Top Sites