Daardie Afrikaanse ghetto, die plek waarvan jy sê die dak afgewaai het, het darem so 'n paar kamers gehad waar die dak "intact" gebly het...Daar is 'n paar skeure in, maar...die affêre staan darem nog. Wanneer jy rondgegaan het in die huis het jy darem so 'n paar dinge wat waardevol is opgetel, selfs in daardie dele waarvan die blêddie dak afgewaai het.
~ Adam Small - in antwoord op Antjie Krog tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November, 1996