|
Woorde Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Leen jou ore uit aan iedereen wat 'n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan iedereen wat ore het nie. ~ C.J. Langenhoven
Om te luister na 'n gesprek wat vol vloekwoorde is, is net soos om te kou aan 'n mondvol koring wat vol klippe is. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat die kosbaarste ware het, loop die minste daarmee te koop. Op hierdie reël is die tong geen uitsondering nie. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
O Onveranderlike, Oneindigende, Onbeginnende Woord deur Wie 'n klein verrukte vuilerige kommatjie flits. ~ Sheila Cussons - Komma, Die somerjood, 1980
gedagtes dra nie broeke nie want dié een sou ek vat aan sy broek se gat en uitsmyt by die duer
~ Jan Spies - Gedagtes dra nie broeke nie, Voetvolk, 1975
Ek is 'n beertjie met 'n klein verstandjie en lang woorde maak my moeg. ~ A.A. Milne - Winnie the Pooh
<< Terug na Onderwerp Lys
|