|
|
Skryf Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Met die enkele uitsondering van Homerus is daar geen skrywer van gehalte...wat ek so kan verag soos Shakespeare wanneer ek my verstand teen syne meet nie...Dit sal waarskynlik 'n verligting vir my wees om hom op te grawe en klippe na hom te gooi. ~ George Bernard Shaw
Die geheim van hoe om vervelig te wees, is om alles te vertel. ~ Voltaire
Vanoggend het ek 'n komma uitgehaal en vanmiddag het ek dit weer teruggesit. ~ Oscar Wilde
Daar is nie iets soos 'n morele of 'n immorele boek nie. Boeke if of goed geskryf of slef geskryf. ~ Oscar Wilde
Om 'n pen op papier te plaas, steek meer vure aan die brand as wat vuurhoutjies ooit kan doen. ~ Malcolm Forbes
Om in jou hart te kyk en skryf, is nie genoeg nie. Jy moet in die serebrale korteks en spysverteringskanaal kyk. ~ T.S. Eliot
Omdat ek opgelet het dat papier meer kos voordat daarop geskryf is. ~ Socrates - toe hy gevra is hoekom hy nie iets neerskryf nie
'n Kritikus moet nie net die waarheid praat nie, hy moet dit ook verken. ~ Jules Renard
Ek het die wondere van God beskryf en al die monsters uit my hart verdryf. ~ D.J. Opperman - "Man met horries" uit "Brandaan", Engel uit 'n klip, 1950
Woord wek woord en wederwoord en die gedig ontstaan dan, ensovoort. ~ D.J. Opperman - "Paars poëtica", Kuns-mis, 1964
Die rym neem ook 'n hele lewe in beslag: jou doen en dink, jou soek na ander en jou wag. ~ D.J. Opperman - Periandros van Korinthe, 1954
'n Digter moenie lank tussen dieselfde mense woon maar altyd afskeid neem van plekke en persoon sodat hy eensaam swerwend nuwe vergesigte sien en in sy swerflings suiwer die kuns kan dien. ~ D.J. Opperman - Periandros van Korinthe, 1954
O lessenaar van jou lyf, my klein inkput waaruit ek skryf. ~ D.J. Opperman - "Poërotica", Kuns-mis, 1964
Ons arme skrywelinge, terwyl ons amptelik slagaar en sy beproefde weë, terwyl Europa wegkwyn uit groot dele van die planeet, moet ons ons boek nog skrywe. Hier moet alles terug smeltkroes toe; eerste gietsel onvoldoende, met 'n bars tussen die twee helftes. Gooi meer koekmakranka by, en leeuvet en water van die Maloeties. ~ Jan Rabie - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
...ons het 'n meer skeppende taak as ons teoloë of politici, om heelheid se droomsap te laat stroom tussen ons aarde en al ons naastes wat dit bewoon. Meer Afrika, minder Europa. ~ Jan Rabie - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Basta die sirene van die lafaards. Ons skrywers het 'n taak; 'n demokratiese intelligentsia wat sy sê sê, of hulle nou sensors of vriende is, is 'n volk se enigste waarborg teen geweld en vir verandering. ~ Jan Rabie - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
...die digter is die man wat in die donker waters van die chaos duik om skoon en blink dinge daaruit te haal. ~ Marthinus Versfeld - Tyd en dae, 1982
Die skrywer self sal die uiteindelike bevrediging en triomf hê dat hulle die waarheid nagejaag en in hul beste vermoë beskryf het soos dit aan hulle beskore was om dit te verstaan. ~ Piet Cillié - tydens oorhandiging van die Recht Malan-prys in 1982 aan J.J. Booysen en Flip Smit vir "Swart verstedeliking"
Lees skep 'n volledige mens, beraadslaging 'n man wat gereed is, en skryf 'n presiese man. ~ Sir Francis Bacon
poësie is 'n bloeiwyse, niks meer. ~ Johann de Lange - "Oor blomme en bomme", Snel grys fantoom, 1986
Elke diger is óf id óf ego: sibille of vakman:
die een se dinkwerk is beprek, die ander s'n ontspring legio. ~ Johann de Lange - "Beeldbou", Waterwoestyn, 1984
Die kuns van die skrywer lê daarin dat hy moet vergeet dat hy woorde gebruik. ~ Henri Bergson
Vir my is die skryfkuns - en al die ander kunste - 'n poging om hierdie aardse bestaan te begryp en dan te verduidelik aan die ewemens, wat elk op sy eie manier soek om dit te begryp. Elke kunstenaar is in sy eie rigting 'n soeker en 'n verduideliker...Raak sien en met waarheid beskryf, dit is die essensiële. ~ M.E. Rothmann - aangehaal deur Alba Bouwer, Boekewêreld, 18 Mei 1994
Jy wil as gevoelige mens wat die lewe liefhet, getuig van daardie lewe, van sy goed en sy kwaad, want dié is een. ~ Uys Krige - oor die skrywer se rol, "Uys Krige in gesprek met Jan Rabie", gesprekke met skrywers 3, 1973
In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanner hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar's 'n dooie donkie in of 'n skaap of 'n aasvoël of 'n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem 'n deel van daai stroom en hy verstil hom tot 'n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en die hemel en die sterre weerkaats. ~ Uys Krige - Uys Krige in gesprek met Jan Rabie, Gesprekke met skrywers 3
Die skrywer is homo ludens - 'n spelende mens. ~ Abraham de Vries - "Abraham de Vries in gesprek met Chris Barnard", Gesprekke met skrywers 3, 1993
Dit sal 'n kliek wees - ons is te min. ~ Etienne Leroux - in reaksie toe Bartho Smit die moontlikheid van 'n skrywersvakbond in die sestigerjare aan hom genoem het.
My grootste verlange is dat ek vandag hier kan praat van die vrye demokratiese beginsels van die Weste sonder dat ek 'n hoenderhaan hoor kraai. ~ Etienne Leroux - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Maselspoort, 1978
Eintlik kom dit daarop neer dat die skrywer 'n Aap van God is omdat hy met oerbronne werk. ~ Etienne Leroux - 1978
Skrywers is die swartskape van die gemeenskap en dit is goed om af en toe saam met hulle dronk te word. ~ Etienne Leroux
...as jy 'n betrokke roman skryf, is jou kanse op 'n goeie resensie beter as wanneer jy nie betrokke skryf nie. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Dit lyk altyd vir my gevaarlik wanneer skrywers meer vir hulle mede-skrywers te sê het as vir hulle lesers. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Die kankersel teel net aan, redeloos soos 'n gilde. ~ P.G. du Plessis - in kommentaar op die stigting van die Afrikaanse Skrywersgilde
Ons het nou genoeg gepraat. Dit het nou tyd geword dat die skrywer net doodeenvoudig voortgaan met sy werk. ~ André P. Brink - in reaksie op die sensuurbeleid van die Suid-Afrikaanse regering, 1975
Ek kan nie nié skryf nie. Sedert ek nege was, het ek geweet ek moet 'n skrywer wees. ~ André P. Brink
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde en baie meer poësie in die miskruier in die toktokkie in die meteorologie en entomologie in die moremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur 'n digter gemaak
~ T.T. Cloete - "God die digter", Driepas, 1989
Die digter is ook 'n dief, hy steel van elke liggaam en elke gesig en siel iets, van wie hulle nie heel en bymekaar hou nie roof hy iets vir 'n gedig. ~ T.T. Cloete - "Hamster", Jukstaposisie, 1982
die digter sal onvolmaak bly skryf tot daardie dag van die leeu en die lam die kat en die duif ~ Daniel Hugo - "vir die kritici", Korte mette, 1982
Dis onvermydelik dat 'n boekeredakteur die een of ander tyd in die bloublasie van 'n skrywersego sal trap...Maar sonder 'n gespierde ego sou menige skrywer natuurlik lankal teen die grond gewees het in een van Afrikaans se literêre kroeggevegte. ~ Charles Fryer - Boekewêreld, 18 Mei 1994
Ek is so arm soo 'n luis op 'n kam. Ek is die Verlore Seun se bloedbroer, as ek nie die Verlore Seun self is nie. ~ Boerneef - Teen die helling, 1956
Vrese word brandhout op papier: papier brandhout vir verse. ~ Joan Hambridge - "Instress", geslote baan, 1988
O was ek maar sjamaan wat dans en deurgans in 'n swym - totdat 'n nuwe alfabet spontaan uit klip en stof verskyn! ~ George Weideman - "Homo significans", 'n Staning onder sterre, 1997
Skrywers moet uit die aard van hul beroep op eie voete staan. Sodra skrywers skrums vorm, kom hul inherente skeppingsvermoë in die gedrang. ~ W.A. de Klerk - na aanleiding van die steun wat die Afrikaanse Skrywersgilde toegesê het aan samesprekings tussen 'n groep wit Suid-Afrikaners en die ANC in dakar, 1987
Dis nie soseer 'n lewe as 'n prys of 'n geldeenheid. Dit is iets waarmee ek betaal sodat ek kan skryf...Ek betaal en ek verkoop: dit is my lewe. Verkoop my lewe, verkoop die lewe van hulle rondom my...'n Lewe sonder eer; verraad sonder beperkings; belydenis sonder einde. ~ J.M. Coetzee - oor die skrywersberoep
Ek kan dit nie bekostig om Fracois Villon te laat hang nie. Daar is 'n honderduisend skurke soos hy in Frankryk, maar nie nog so 'n digter nie. ~ Lodewyk XI
Ervaring leer dat skrywers wie se werk afgekeur word, later die onbarmhartigste kritici word, net soos onaantreklike en versmaaide vroue die grootste skindertonge word. ~ Fliegende Blätter
Die gevaarlikste struikelblok vir 'n jong skrywer is nie sy eerste werk nie, maar sy tweede. ~ Fliegende Blätter
'n Vrou wat skryf, pleeg twee sondes: sy vermeerder die aantal boeke en sy verminder die aantal vrouens. ~ Alphonse Karr
Wanneer 'n mens 'n natuurlike styl teenkom, is 'n mens altyd verbaas en verheug, want 'n mens verwag om 'n skrywer te ontmoet en dan vind jy 'n mens. ~ Blaise Pascal
Die eerste plig van 'n onbekende skrywer is om interessant te wees. Om vervelig te wees, is die voorreg van reeds beroemde skrywers. ~ Emile Berr
Ek skryf nie oor mense nie, maar oor hul maniere, nie oor enkelinge nie, maar oor 'n groep. ~ Henry Fielding - Joseph Andrews
Geskiedkundiges vertel die verhaal van die verlede, romanskrywers die verhaal van die hede. ~ Edmond - Journal
Skryfwerk is soos 'n offerande. Jy bring dit na die altaar en hoop dit sal aanvaar word. Jy bid ten minste dat verwerping jou nie tot woede sal dryf en jou in 'n Kain sal verander nie. Miskien, op 'n naïewe manier, skep jy jou gunsteling skatte en pak dit op 'n ondiskriminerende stapel. Diegene wat nie hul waarde besef nie, mag dit later eendag doen. En jy voel nie asof jy aldag vir jou tydgenote skryf nie. Dit mag wel wees dat jou ware lesers nog nie hier is nie en dat jou boeke hulle te voorskyn sal bring. ~ Saul Bellow
Daar is geen wonderliker daad van individuele vryheid as om te sit en die wêreld uit te dink voor 'n tikmasjien nie.
~ Gabriel Garcia Márquez
Die beroep om boeke te skryf, laat perderesies na 'n soliede, stabiele besigheid lyk. ~ John Steinbeck
'n Skrywer leef in eerbied vir woorde omdat hulle wreed of goed kan wees, en hulle kan hul betekenisse reg voor jou oë verander. Hulle tel geure en reuke op soos botter in 'n yskas. ~ John Steinbeck
Daar is skrywers wat wakker maak, en dis wat belangrik is. Om oor invloede te praat maak mense lui; in plaas van om net die boek te lees, doen hulle dit deur die filter van die sogenaamde invloede. ~ Ben Okri
<< Terug na Onderwerp Lys
|