|
Ryk en Arm Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Rykdom is die ouer van luuksheid en traagheid, en armoede van gemeenheid en venynigheid, en albei van ontevredenheid. ~ Plato - Die Republiek
 Nog 'n goeie ding oor armoede is dat jou kinders jou nie op 70 wetlik kranksinnig sal laat verklaar om beheer oor jou boedel te verkry nie. ~ Woody Allen
Want rykdom het aan vriende geen gebrek, En wie in nood tot 'n slegte vriend hom wend, Maak hom 'n vyand tot die bitter end. ~ William Shakespeare - Hamlet, vertaling deur Eitemal
Arm en tevrede is ryk, en ryk genoeg. ~ William Shakespeare - Othello, verwerking van Nederlandse vertaling deur W. Courteax
Hominem experiri multa paupertas iubet.
Armoede wek ondernemingsgees. ~ Publilius Syrus
Rykdom is soos seewater: hoe meer ons drink, hoe dorser word ons; en dieselfde is waar oor roem. ~ Arthur Schopenhauer
By die Wyse is rykdom dienaar, by die dwaas meester. ~ Seneca
Op die tafel lê die skamel beursie van 'n hardwerkende vrou en op hom sit 'n mot. Ek weet nie wat hy van ekonomie af weet nie maar ek dink die wete wat hom gestuur het om verskoning daarvoor te vra is God.
~ Sheila Cussons - "Die beursie", Die sagte sprong, 1979
Die miere trek nooit na leë skure; so gaan ook geen vriend na die verarmde woning. ~ Ovidius - Tristia, 1962
'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende. ~ Die Bybel - Salomo, Spreuke 14:20
As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hê om te eet. ~ Die Bybel - Salomo, Spreuke 20:13
Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. ~ Die Bybel - Salomo, Spreuke 22:7
Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. ~ Die Bybel - Matteus 6:21
Rykdom is skadelik as dit nie met deug gepaardgaan nie. ~ Sappho
Rykdom is soos 'n adder wat skadeloos is as 'n mens weet hoe om dit te hanteer; maar as hy dit nie weet nie, sal die slang om sy hand kronkel en hom byt. ~ Clementius I
Armoede is 'n goddelike stiefma wat vir die jeug doen wat hul eie moeders nie in staat was om te doen nie. Dit stel hulle voor aan spaarsamigheid, aan die wêreld en aan die lewe. ~ Honoré de Balzac
Want alles heilig en menslik, deug, roem en eer, gehoorsaam nou die verleidelike invloed van rykdom. ~ Horatius
Armoede is die sesde sintuig. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
Armoede - 'n sonde wat die rykes nie kan vergewe nie. ~ Spreekwoorde - Russiese spreekwoord
<< Terug na Onderwerp Lys
|