|
|
Literatuur Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Daar is net een ding erger as om van gepraat te word - en dit is om nie van gepraat te word nie. ~ Oscar Wilde
Ons kan nooit weet of 'n stuk skryfwerk swak is nie tensy ons begin het om dit te lees asof dit baie goed is, en dan ontdek dat ons die outeur 'n onverdiende kompliment gegee het. ~ C.S. Lewis - Experiment in Criticism
Soos in seks, is daar nooit meer as twee mense betrokke by die leesdaad nie - die skrywer wat die bevrugter is, en die leser wat die ontvanger is. ~ E. B. White - The Second Tree from the Corner
'n Goeie kritikus is iemand wat die avonture van sy gees tussen meesterstukke plaas. ~ Anatole France - La Vie Littéraire
Die Romeine sou nooit die tyd gehad het om die wêreld te verower as hulle verplig was om eers Latyn te leer nie. ~ Heinrich Heine
Die mens wat nie goeie boeke lees nie, het geen voordeel bo die mens wat nie kan lees nie. ~ Mark Twain
'n Mens het letterkunde in jou lewe nodig, want daarsonder gaan jy agteruit. ~ Nelson Mandela
Ons kon nie deur middel van die letterkunde kennis gemaak het met menslike reuse soos George Washington, Abraham Lincoln en Thomas Jefferson sonder om in dade oor te gaan soos hulle in dade oorgegaan het nie. ~ Nelson Mandela
Maar die bloemlesing-skêr-en-gompot-literateurs...Ek sien nie waarom ek hulle behulpsaam moet wees by hulle werk met potte en panne - hulle eie gompotte en ander mense se harsingspanne - en by hulle gebruik om to get rich quick deur te maai waar hulle nie gesaai het nie. ~ C.J. Langenhoven - Aan stille waters, 1930 en 1941
Die poësie is 'n knooppunt van vele kragte, die roerlose punt tussen vele spannings: van tydsgebeure en tydeloosheid, van intellek en drif, van eensaamheid en werking na buite, van 'n absolute skoonheid en die stof van die daaglikse taal; so dan ook is dit die knooppunt van 'n eie persoonlikheid se strewe en 'n volk se bestaan. ~ N.P. van Wyk Louw - Dankwoord by die toekenning van 'n eredoktorsgraad deur die Rijks-universiteit van Utrecht, 20 September 1948
Die digter moet soms na verskillende kante to skiet. Ander kere moet hy van alle skiet vergeet. Net werk en wees. ~ N.P. van Wyk Louw - Toespraak by die aanvaarding van erelidmaatskap van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, 22 Oktober 1963
'n Perfekte treurspel is die edelste produk van die menlike gees. ~ Joseph Addison
Party kritici verbeel hulle dat hulle die bepalers is van goed en sleg is omdat hulle dink hul kindertrompette is die basuin van faam. ~ Arthur Schopenhauer
So het ek my lewe om geboemel: boeke lees, skilderye bekyk, toneelstukke gesien, geluister, gedink, geskryf oor waarvan ek die meeste gehou het. Net een ding het ek begeer: om gelukkig te wees, maar by gebrek daaraan het ek alles ontbeer. ~ William Hazlitt - My First Acquaintance with Poets
Dit is nie 'n roman wat liggies eenkant toe gestoot moet word nie. Dit moet met groot krag gegooi word. ~ Dorothy Parker
As jy uit die werk van een skrywer neerskryf, is dit plagiaat, maar as jy baie werke raadpleeg, is dit navorsing. ~ Wilson Mizner
Lees skep 'n volledige mens, beraadslaging 'n man wat gereed is, en skryf 'n presiese man. ~ Sir Francis Bacon
 Toe sy voël nie meer wou regop staan nie, het hy sy kop weggeblaas. Hy het 'n bol kak aan homself verkoop en dit geglo. ~ Germaine Greer - oor Ernest Hemingway
Slappe wijn geeft goede asyn. ~ Proverbs - Nederlandse spreekwoord
Die stilistiek is 'n praksie om 'n kruip vol proefskrifte te pars uit 'n een-tros-letterkunde. ~ Peter Blum
Skinder op sigself mag 'n nederige vorm van narrasie wees, maar as voedingsbron vir literatuur het dit geen gelyke nie. ~ Hennie Aucamp - Pluk die dag,1994
Letterkunde is 'n vak wat die lewe self reflekteer en is dus so ruim dat alle pogings tot definiëring van die vak te kort skiet. ~ Hennie Aucamp - Kriterium, 1964
Ek hoop nie ons land dáár waar sommige Europese kulture aangeland het nie: dat elk van die gedagterigtings dink dat daar net uit sy uitgangspunt literatuur te make is. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Skryf (is) 'n alleending...'n koppige ding, 'n individuele ding...Literatuur (word) veral so gemaak, nie net uit modes en rigtings en aanvaardhede-vir-die-oomblik en style-van-die-dag nie...of deur 'n saamkokery rondom dekades, gedagterigtings en modes nie. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Die kankersel teel net aan, redeloos soos 'n gilde. ~ P.G. du Plessis - in kommentaar op die stigting van die Afrikaanse Skrywersgilde
Ons moenie onder mekaar sit en membrane jag, terwyl ons Afrikaanse letterkunde vir die eerste keer werklik bedreig word nie. ~ P.G. du Plessis - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Dit sou skrikwekkend wees as 'n hele fase van die literatuur moet verbygaan waar geen seismografiese registrasie was van wat op die oppervlak van die volk aangaan nie. Betrokke literatuur is as sodanig nie beter of slegter as ander literatuur nie, en sal môre - of voor môre - uitvrek as dit nie meer as die passing show registreer nie. ~ André P. Brink - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
Kuns om die kuns, letterkunde bloot ter wille van die letterkunde, kan floreer soos 'n wasblom in 'n glaskas. ~ Chris Barnard - Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde en baie meer poësie in die miskruier in die toktokkie in die meteorologie en entomologie in die moremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur 'n digter gemaak
~ T.T. Cloete - "God die digter", Driepas, 1989
Die digter is ook 'n dief, hy steel van elke liggaam en elke gesig en siel iets, van wie hulle nie heel en bymekaar hou nie roof hy iets vir 'n gedig. ~ T.T. Cloete - "Hamster", Jukstaposisie, 1982
'n Mens wil soms mor oor die vitterigheid wat die honderdduisend woorde van 'n roman oor net vyf woorde wil kelder...Resensente is nie blindemolle nie; party word net soms met blindheid geslaan. ~ Frederik de Jager - oor resensente van boeke, Boekewêreld, 18 Mei 1994
N.P. van Wyk Louw is vir die Afrikaner tegelyk Sokrates en Plato. ~ Gerrit Viljoen - in 'n N.P. van wyk Louw lesing, Johannesburg
Letterkunde kan 'n groot invloed op die geloof en emosionele lewe van die individu uitoefen. Hoe geringer ons literêre ontwikkeling, hoe ontvankliker is ons vir die boodskap wat die stof, die onderwerp van die boek, vir ons het, afgesien van die estetiese aanwending daarvan. ~ Gerrit Dekker - Klasgids, 1966
Ek kan dit nie bewys nie; ek weet nie of ander dit kan ontken nie, maar my indruk is dat die Afrikaanse skrywer en digter 'n baie groter invloed uitoefen op die denke van ons Afrikaanssprekendes as die Afrikaanse predikant.
~ Beyers Naudé - tydens beraad van die Afrikaanse Skrywersgilde, Broederstroom, 1989
'n Satirikus wat nie die mensdom spaar nie (homself ingesluit), is duidelik begaan oor menslike gebreke in die algemeen: hy kan sekerlik nie daarvan beskuldig word dat hy mense in die besonder aanval nie. ~ Desiderius Erasmus - Lof der Zotheid
As 'n skrywer menslike belaglikhede kan uitwys sonder om iemand op die naam te noem, dan wonder ek of hy nie eerder besig is om te onderrig en die mensdom te waarsku as wat hy besig is om te beledig nie. ~ Desiderius Erasmus
Uitgewers is vroeër geken aan hul skrywers; nou word party van hulle geken aan hulle restaurante. ~ Robert Giroux
Moenie jou ontbloot of wegsteek in woorde nie, maar gee duidelike tekens. ~ Heraclitus - Fragmente
Ervaring leer dat skrywers wie se werk afgekeur word, later die onbarmhartigste kritici word, net soos onaantreklike en versmaaide vroue die grootste skindertonge word. ~ Fliegende Blätter
Uit baie kritiek leer 'n mens die kritikus beter ken as die wat gekritiseer word. ~ Fliegende Blätter
'n Ontwikkelde gees beoordeel 'n boek nie net aan die gedagtes wat dit bevat nie, maar ook aan dié wat dit opwek. ~ Fliegende Blätter
Waarom moet de chimpanzee niet mee? De chimpanzee is ziek van zee. ~ Paul van Ostaijen - Berceuse presque Nègre
De stem des tijdgenoots, die dichters laakt of prijst, velt menig vonnis dat de naneef anders wijst. ~ Hendrik Staring
Moenie soos kinder vir vermaak lees nie, of soos ambisieuse mense om iets te leer nie. Nee, lees om te lewe. ~ Gustave Flaubert - afrq 65
Wyses is 'n dapper poging om die heelal onder modder te begrawe. ~ E.M. Forster - Aspects of the Novel
Resensente is soos doeaneampternare wat die arme drommels visenteer, maar die groot menere met 'n buiging laat deurloop. ~ Max Weber
Ons wêred is ryk en wonderlik, en daar is oral stories. Niemand moet ooit probeer om die geskiedenis te oortref nie; die feite is fantasties genoeg. ~ Louis L'Amour
<< Terug na Onderwerp Lys
|