|
Liefde Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Wie liefde verwar met sinnelikheid, sien 'n engel aan vir 'n aap. ~ C.J. Langenhoven
Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. ~ C.J. Langenhoven
Die gedienstige engel het gekom in 'n huis waar daar liefde was, en met 'n glimlag omgedraai, en gesê: My diens is hier oorbodig. ~ C.J. Langenhoven
Alle godsdiens is liefde, en die meeste liefde is afgodsdiens. ~ C.J. Langenhoven
Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit not op 'n manier reg. ~ C.J. Langenhoven
Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se familie. ~ C.J. Langenhoven
As jy nie van iemand hou nie, doen hom 'n weldaad. Daarna sal jy hom liefhê. ~ C.J. Langenhoven
Afwesigheid is die vyand van liefde en die vriend van vriendskap. ~ C.J. Langenhoven
<< Terug na Onderwerp Lys
|