|
Kritiek Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
 Kritici is soos gekastreerdes in 'n harem: hulle weet hoe dit gedoen moet word, hulle het elke dag gesien hoe dit gedoen word, maar hulle is nie in staat om dit self te doen nie. ~ Brendan Behan
Ons kan nooit weet of 'n stuk skryfwerk swak is nie tensy ons begin het om dit te lees asof dit baie goed is, en dan ontdek dat ons die outeur 'n onverdiende kompliment gegee het. ~ C.S. Lewis - Experiment in Criticism
Die kritikus se simbool behoort die miskruier te wees: sy lê eiers in iemand anders se mis, ander kan dit nie uitbroei nie. ~ Mark Twain
Party kritici verbeel hulle dat hulle die bepalers is van goed en sleg is omdat hulle dink hul kindertrompette is die basuin van faam. ~ Arthur Schopenhauer
Soos medisyne nie sy doel kan bereik as dit te sterk is nie, so is dit ook met kritiek wat die grense van billikheid oorskry. ~ Arthur Schopenhauer
Watter tyd beleef ons nie waarin daar so baie kritici en so min lesers is. ~ Baron de Montesquieu - Pensées
'n Drama-kritikus is 'n persoon wat 'n dramaturg verras deur hom mee te deel wat hy bedoel het. ~ Wilson Mizner
'n Kritikus is 'n klok by 'n spooroorgang wat luid en tervergeefs klinkel terwyl die trein verbyry. ~ Christopher Morley
Hoe selde tref 'n mens by 'n kritikus gevoel, kennis, eerlikheid en moed in die gewenste graad aan. ~ Karl Philipp Emanuel Bach
Om 'n skrywer te vra hoe hy voel oor kritici is soos om 'n lamppaal te vra hoe dit voel oor honde. ~ John Osborne
'n Kritikus is 'n man sonder bene wat jou leer om te hardloop. ~ Channing Pollock
Kritiek kan nooit 'n held skade aandoen nie. Hy het eeue voor waarin sy waarde bepaal kan word, sy eer herstel kan word. ~ N.P. van Wyk Louw - Oktober 1946
<< Terug na Onderwerp Lys
|