|
|
Geskiedenis Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Lewe uit 'n tradisie...dit is leef in 'n bestendige debat met die verlede. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
In die museum woon hy in sy glaskas Pralend soos 'n kroonjuweel. Hy is onaantasbaar: Met voël-oë Bewaak die opsieners sy status quo. ~ Ina Rousseau - "Fossiel", Taxa, 1970
En dié wat later kom met pik en graaf, sal in die klipknoets van my vuis die kwaai nes van die gode vind. ~ Sheila Cussons - "Vulkaniese droom", Omtoorvuur, 1982
Klippe is soms hoeders van fossiele.... ~ Wilma Stockenstrom - "Die klip", Vir die bysiende leser, 1970
klein verlede, verwaai en verspot, vergete en toetental beteuterd in die gang van 'n vasteland wat geduldig sy grondwater aanvul met bloed en met bloed bemes... ~ Wilma Stockenstrom - "Boerebeeldjie", Van vergetelheid en van glans, 1976
Gaan tot die keper en skraap Die patina vir spore uit die Kaap Tot die waarheid duidelik bo Op die rotse is van die Erongo.
Seder die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris Bewaar julle valse stukke by die argivaris. In die wande ingegraveer Is ons baasskap verewig teen wind en weer.
~ P.J. Philander - "Die klippe praat" uit "Vuurklip", Vuurklip, 1960
Hulle wat nie die verlede kan onthou nie, is gedoem om dit te herhaal. ~ George Santayana
Die geskiedenis straf diegene wat hul tot geweld en bedrog wend om die aansprake en wettige aspirasie van die meerderheid van 'n land se burgers te onderdruk. ~ Nelson Mandela
Vier weergawes....vier....bestaan oor die lewe van Christus. Watter een sou jy wou gehad het moes uitgegooi word? ~ Desmond Tutu - nadat die eerste rondte van voorleggings van politieke party aan die waarheid-en-versoeningskommissie vier verskillende weergawes van die geskiedenis opgelewer het, 1997
Die geskiedenis herhaal homself; dit is een van die dinge wat verkeerd is met geskiedenis. ~ Clarence Darrow
Die geskiedenis herhaal homself, historici herhaal mekaar. ~ Philip Guedalla
Enigeen kan geskiedenis maak, maar slegs 'n groot man kan geskiedenis beskryf. ~ Oscar Wilde
Geskiedenis is min of meer twak. Dit is tradisie. Ons wil nie tradisie hê nie. Ons wil in die hede leef en die enigste geskiedenis wat iets werd is, is die geskiedenis wat ons vandag maak. ~ Henry Ford - in die getuiebank tydens 'n saak teen die Chicago Tribune, 1919
Die geskiedenis van die mensdom is weinig anders as 'n verhaal van mislukte planne en teleurgestelde verwagtinge. ~ Samuel Johnson
Die geskiedenis is die bewaarder van die herinnering van grote dade en die getuie van die verlede, die voorbeeld en die leermeester van die hede, die waarskuwing vir die toekoms. ~ Miguel de Cervantes
Ons leer uit die geskiedenis dat ons nie uit die geskiedenis leer nie. ~ Georg Hegel
Die geskiedenis...is inderdaad weinig meer as die register van die misdade, dwaashede en rampe van die mensdom. ~ Edward Gibbon - The History of the Decline and Fall of the Roman Empire
Die winde en golwe is altyd aan die kant van die mees bekwame navigators. ~ Edward Gibbon - The History of the Decline and Fall of the Roman Empire
Die hele geskiedenis is vol onmoontlikhede en dwaashede wat werklikhede word. Niemand kan die getye van die wêreldgeskiedenis beïnvloed wat nie self oor geesdriftige mistisisme beskik nie. ~ Benito Mussolini
<< Terug na Onderwerp Lys
|