|
|
Geregtigheid Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Die oorwinnaar het steeds die gereg aan sy kant. ~ Voltaire
Geregtigheid wat te ver gedryf word, word 'n onreg. ~ Voltaire
Dit is beter om die kans te kry om 'n skuldige te red as 'n onskuldige te veroordeel. ~ Voltaire
Daar is net één ding wat erger is as onreg, dit is reg sonder 'n swaard in die hand. As reg nie mag is nie, is dit 'n kwaad. ~ Oscar Wilde
Die hoogste reg is dikwels die hoogste onreg (Summum ius summa iniuria) ~ Marcus Tullius Cicero - De Officiis
Net die regverdige mens geniet gemoedsrus. ~ Epicurus
Militêre geregtigheid staan in verhouding met geregtigheid soos militêre musiek in verhouding is met musiek. ~ Groucho Marx
Die toepassing van geregtigheid is die standvastigste pilaar van regering. ~ George Washington - in 'n brief aan Edmund Randolph
Die mensdom sensueer ongeregtigheid omdat hulle vrees dat hulle sy slagoffers sal wees, en nie omdat hulle bang is om ongeregtigheid te pleeg nie. ~ Plato
Die regter moenie jonk wees nie; hy behoort boosheid te geleer ken het, nie vanuit sy eie siel nie, maar deur onlangse en lang waarneming van die aard van boosheid in andere: kennis moet sy gids wees, nie persoonlike ondervinding nie. ~ Plato - Die Republiek
Ons verdediging lê nie in wapenarsenale nie, nog in die wetenskop, nog daarin om ondergronds te gaan. Ons verdediging is in wet en orde. ~ Albert Einstein
Wanneer mense suiwer is, is wette van geen nut; wanneer mense korrup is, word wette oortree. ~ Benjamin Disraeli
Geregtigheid is soos die koninkryk van God; dit bestaan nie buite ons as 'n feit nie, maar binne-in ons as 'n groot verlange. ~ George Eliot - Romola
Te regverdige reg is 'n suster van die wraak. Vergeefs! ~ Victor Hugo
Prosedeer oor 'n baadjie en hou jou broek klaar vir die onkoste. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Ons leer aan ander Die wet van bloed en straf, maar dit keer met krag Op ons terug. Die reg wat alles gelyk Afweeg, dwing ook die gifkelk wat ons meng, Na ons eie lippe. ~ William Shakespeare - Macbeth (vertaling deur Eitemal)
Die poging, méér as die daad, kan ons Verdoem. ~ William Shakespeare - Macbeth (vertaling deur Eitemal)
Raad wat nie verander kan word nie, is slegte raad. ~ Publilius Syrus - Sententiae
Jy is skuldig aan 'n misdaad as jy nie 'n misdaad straf nie. ~ Publilius Syrus - Sententiae
As die mensdom werklik na geregtigheid gestreef het, kon hy dit al lankal gehad het. ~ William Hazlitt
Daar is nie 'n ding soos geregtigheid nie - nie binne of buite die hof nie. ~ Clarence Darrow
Is die konsep van geregtigheid as gehoorsaamheid aan eiesoortigheid 'n houdbare konsep? ~ Johan Degenaar - Voortbestaan in geregtigheid
Wraak is 'n soort wilde geregtigheid; hoe meer die menslike natuur daarna neig, des te meer moet die reg dit uitroei. ~ Sir Francis Bacon - Of Revenge
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, wnat aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. ~ Die Bybel - Matteus 5:10
Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. ~ Die Bybel - Lukas 6:38
Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval. ~ Die Bybel - Lukas 16:17
Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is. ~ Die Bybel - Romeine 7:16
Vrede is belangriker as alle geregtigheid; en vrede is nie gemaak ter willle van geregtigheid nie, maar geregtigheid ter wille van vrede. ~ Martin Luther
Die volk moet vir die reg net so hard veg as vir die stadsmuur. ~ Heraclitus - Fragmente
Dit is dikwels makliker om briesend te word oor 'n onreg wat aan die ander kant van die wêreld gebeur het as oor verdrukking en diskriminasie 'n halwe blok van die huis. ~ Carl T. Rowan
Geregtigheid sonder krag is hulpeloos, krag sonder geregtigheid is tiranniek. ~ Blaise Pascal
Regsgeleerdes is die enigste mense by wie onkundigheid van die wet nie strafbaar is nie. ~ Jeremy Bentham
Niemand is 'n goeie regter in 'n saak wat homself raak nie. ~ Spreekwoorde - Romeinse spreekwoord
Al vergaan die wêreld ook, geregtigheid moet voortgaan. ~ Spreekwoorde - Romeinse spreekwoord
Gelykheid in ongeregtigheid is geregtigheid. ~ Spreekwoorde - Egiptiese spreekwoord
Geregtigheid gaan verlore deur onbruik. ~ Spreekwoorde - Regspreuk
Geregtigheid het nie 'n swaard in die hand nodig nie. ~ Juvenalis - Satires
Reg is wat in elke land nuttig is vir almal of vir die grootste moontlike getal. ~ Justinianus I
Aan niemand sal ons verkoop, aan niemand ontsê of vertraag, reg of geregtigheid. ~ Magna Carta - Klousule 40, 1215
<< Terug na Onderwerp Lys
|