|
|
Gebed Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Hier is die begin van 'n nuwe dag. God het aan my hierdie dag gegee om te gebruik soos ek wil. Ek kan dit vermors of groei in sy lig En tot diens wees van ander. Maar wat ek met hierdie dag doen, is belangrik Omdat ek 'n dag van my lewe daarvoor geruil het. Wanneer more aanbreek, Sal vandag vir ewig verlore wees. Ek hoop dat ek nie die prys wat ek daarvoor betaal het, sal berou nie.
~ Unknown
Gebed is om te vra dat die wette van die heelal omvergewerp word in belang van 'n enkele, belydend-onwaardige petisionaris. ~ Ambrose Bierce
Om God te dien is goed vir die mens. Maar die gebed word as 'n makliker soort diens beskou en word dus meer gekies. ~ Benjamin Franklin
Ek is dikwels op my knieë gedryf deur die oorweldigende sekerheid dat ek nêrens elders het om heen te gaan nie. My eie wysheid, en die van die mense rondom my, het onvoldoende gelyk vir die dag. ~ Abraham Lincoln
God, skenk vir ons die goeie, al bid ons nie daarom nie, maar hou die kwaad van ons weg, selfs al bid ons daarom. ~ Plato
Niemand het nog ooit opreg gebid sonder om iets te leer nie. ~ Ralph Waldo Emerson - Miscellanies
God, gee ons die genade om met kalmte die dinge te aanvaar wat nie verander kan word nie, die moed om die dinge te verander wat behoort gewysig te word, en die wysheid om die een van die ander te onderskei. ~ Reinhold Niebuhr
Humor is 'n voorloper tot geloof en 'n gelag is die begin van gebed. ~ Reinhold Niebuhr - afrq 117
In sekere moeilike omstandighede, dringende omstandighede, desperate omstandighede, bied profaniteit verligting wat selfs gebed nie kan gee nie. ~ Mark Twain
Laat my nie bid om van gevare beskerm te word nie, maar om dit vreesloos te weerstaan. ~ Rabindranath Tagore
Klagtes is die grootste eerbewys wat die hemel ontvang en die opregste deel van ons godsdiens. ~ Jonathan Swift - Thought and Various Subjects
Moenie 'n ander beskuldig dat hy sy oë oopgehou het onder die gebed nie; hy het maar net gekyk of joue toe was. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Ek smeek U, Heer, om hulp dat ek behou Die wonderskat my toebedeel as kind: Dat ek, in wat ek op U wêreld vind, Weerkaatsing van U godlik skoon aanskou.
~ C. Louis Leipoldt - " 'n Kersnaggebed ", Skoonheidstroos, 1932
innie biduur het hy opgestaan en mooi gebid dat later kon gesê word hy't mooi gebid. ~ Jan Spies - "innie biduur het hy opgestaan", Voetvolk, 1975
Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. ~ Die Bybel - Psalm 90:12
...hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand. ~ Die Bybel - Psalm 90:17
O Allah! U is my Metgesel en my Helper, met u hulp loop ek en met u hulp val ek aan en met u hulp veg ek. (Die Heilige Koran) ~ Die Bybel - gebed wanneer 'n vyand teengestaan moet work
O Alla, ons vra van U die goeie van hierdie stad en die goeie van sy inwoners en vra u beskerming teen sy kwaad en die boosheid van sy inwoners en die boosheid in die stad. ~ Die Bybel - gebed wanneer 'n stad binnegegaan word.
Ek slat my twee oge op; My kyk vang die verste kop Waarvanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom. Hy't nou jimmel en Prieska gekom maak. Sonner lat jou voet klippers raak, Is Hy skoene agterrie skaap Sontyd is Hy hoed op jou kop. Innie nag hou hy gevaarlikheid dop Hy's mos nou da om jou op te pas. Jou siel hou Hy tussen ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt, Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.
(Psalm 121)
~ Die Bybel - In Griekwa-Afrikaans, Die Burger, 28 Augustus 1997 (opgeteken deur proff. Hans du Plessis en Christo van Rensburg)
Bid gedurig. ~ Die Bybel - 1 Tessalonisense 5:17
...as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. ~ Die Bybel - Matteus 6:6
Ons Vader wat in die Hemel is, Laat u Naam geheilig word; Laat u koninkryk kom; Laat u wil ook op die aarde geskiet, Net soos in die hemel. Gee ons vandag Ons daaglikse brood; En vergeef ons ons oortredinge Soos ons ook dié vergewe Wat teen ons oortree; En laat ons nie in versoeking kom nie Maar verlos ons van die Bose.
~ Die Bybel - Matteus 6:9-13
Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil. ~ Die Bybel - Markus 14:36
My God, my God, waarom het U my verlaat?
~ Die Bybel - Markus 15:34
Dankie, ou Master, vir die twee kinders wat hiernatoe gekom het. ~ M.E. Rothmann - in tafelgebed to Alba Bouwer en Rykie van Reenen haar op haar vyf en sewentigste verjaardag op Swellendam besoek
Hy wat sonder geloof bid, kan nie op gebedsverhoring hoop nie. ~ Francois Fénelon
As jy vir ander bid, word aan jouself voorsien. ~ Spreekwoorde - Joodse spreuk
Bid een keer voordat jy oorlog toe gaan; twee keer voordat jy 'n seereis aanpak; drie keer voor jy trou. ~ Spreekwoorde - Volkspreuk
Goeie dade is die beste gebede. ~ Spreekwoorde - Serwiese spreekwoord
Wanneer jy in gebed jou hande saamvou, maak God sy hande oop. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
Here ek dank U dat die insek sy eier in die dae van my blommetjie-wees nie gelê he nie
dat my groen vleis in my skil kan uitbult vermeerder sonder die vloek van vrot ~ Annesu de Vos - "gebed van 'n groen perske"
Oe Here, draai my geldjies om soerat ek my skuld kan betaal, en Here, hou rie rent tog laag, suprise ons met 'n ding wat daal; ~ Peter Snyders - " 'n Swaar djop ", 'n Ordinary mens, 1982
Bewaar my van die diens aan die leuen, wanneer ek leer om ander te leer wat elke dag met hulle verloop, en rondom hulle. ~ Izak de Villiers - "gebed van 'n leerlingjoernalis", spesiaal geskryf vir die Departement van Joernalistiek, Universiteit Stellenbosch
Probleme en bekommernis dryf ons na gebed en gebed dryf probleme en bekommernis weg. ~ Philipp Melanchthon
Die grootste gebed is geduld. ~ Boeddha
Here, maak my 'n instrument van U vrede. Waar daar haat is, laat my liefde saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om bemin te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word. ~ Franciskus van Assisi
God verwarm sy hande by die mens se hart wanneer hy bid. ~ John Masefield
Wat jy ook al in gebed vra, bid die mens vir 'n wonderwerk. Elke gebed word gereduseer tot dit: "Grote God, gee assebleif dat twee keer twee nie vier is nie." ~ Iwan Toergenjef
<< Terug na Onderwerp Lys
|