|
Filosofie Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Ek bly by my eerste mening, want ek is nou maar eenmaal 'n filosoof. ~ Voltaire - Candide
'n Filosoof is 'n man bo in 'n ballon, met sy familie en vriende wat die toue onder op die grond vashou en probeer om hom aarde toe te bring. ~ Louisa May Alcott
Ek is gedwing om te glo dat die enigste hoop om geregtigheid vir die samelewing of die individu te verkry, geleë is in ware filosofie, en dat die mensdom geen ontsnapping van probleme sal hê totdat of werklike filosowe politieke mag verwerf, of politici deur een of ander wonderwerk filosowe word. ~ Plato - Die Republiek
Die filosofie kan ons niks gee nie - beter gestel: kan ons niks bygee nie. Dit kan ons alleen die wêreld met natuurlike oë laat sien. ~ N.P. van Wyk Louw - Maskers van erns, 1955
Filosofeer is niks anders nie as: "streng en omvattend dink". ~ N.P. van Wyk Louw - Maskers van die erns, 1955
Wat baat 'n wysheid wat die Wyse self nie baat nie? ~ Euripides
Die filosoof spot met die dood, maar glad nie met sy rumatiek nie. ~ Fliegende Blätter
Om 'n populêre godsdiens te word, is dit net nodig vir 'n bygeloof om 'n filosofie in kettings van slawerny te slaan. ~ William Ralph Inge
Niks onwysgeriger as die sogenaamde wysgere. ~ Athenaeus
...alle wysgere veg om die skadu van 'n esel. ~ Lucianus
Gy die de waarheid zaagt, ô Wijsgeer, waard die naam, van Wijsgeers hoogmoed vrij en Wijsgeers beuzelkraam! ~ Willem Bilderdijk
Die filosofie verwyder alle rede om te bestaan uit godsdiens. ~ Benedetto Croce
Enigiemand wat glo dat die wette van die fisika net sosiale konvensies is, word uitgenooi om te probeer om daardie konvensies te oortree vanuit die venster van my woonstel. Ek woon op die 21ste verdieping. ~ Alan Sokal - In antwoord op postmoderniste se aanspraak dat die natuurwette net 'n relatiewe werklikheid is in die oë van die waarnemer en dat enige waarheid geldig is.
<< Terug na Onderwerp Lys
|