|
|
Ekonomie Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
As Amerika nies, kry Europa verkoue - en die Derde Węreld longontsteking. ~ Unknown - alledaagse gesegde op aandelebeurse węreldwyd
Tydens die ineenstorting van die beurs in 1929 het mense uit vensters gespring. In 1987 het hulle hul makelaars geskiet. ~ Unknown
'n Lening kom uiters selde lag-lag huis toe. ~ Unknown
Elke keer as die geskiedenis homself herhaal, gaan die prys op. ~ Unknown
Goeie toesig is die kuns om gemiddelde mense te kry om superieure werk te verrig. ~ Unknown
Die grootste ondeug en die ergste misdaad is armoede. ~ George Bernard Shaw - voorwoord tot Major Barbara
Mense wat in die lewe vooruitgaan, is mense wat uitgaan om na geleenthede te gaan soek. En as hulle dit nie kry nie, maak hulle dit. ~ George Bernard Shaw
 Ryk oujongkęrels behoort swaar belas te word. Dit is nie regverdig dat sommige mans gelukkiger as ander is nie. ~ Oscar Wilde
Geld is soos 'n sesde sintuig waarsonder jy nie volledig van die ander vyf kan gebruik maak nie. ~ W. Somerset Maugham
 Die oomblik wat jy iets groots sien, wil jy dit nasionaliseer. ~ Winston Churchill - aan die Britse eerste minister, Clement Attlee, toe Attlee hom vra hoekom hy nie langs hom wou staan by die urinaalbak van die Britse parlement nie
Christopher Columbus was die eerste sosialis. Hy het nie geweet waarheen hy op pad was nie. Toe hy daar kom, het hy geignoreer waar hy was en dit met ander se geld gedoen. ~ Winston Churchill
Die arm man is nie baas van homself nie. ~ Plato
Die kuns om bymekaar te maak weer armoede af, soos medisyne siekte afweer. ~ Plato - Gorgias
Op die langste duur is die staat nie meer werd as die mense waaruit dit saamgestel is nie. ~ John Stuart Mill - Liberty
Dit is nie die werkgewer wat die salarisse betaal nie; hy hanteer net die geld. Dit is die produk wat die salarisse betaal. ~ Henry Ford
'n Mens moet geld in jou kop hę en nie in jou hart nie. ~ Jonathan Swift
Dit maak nie saak of die kat swart of wit is nie, mits hy muise kan vang. ~ Nelson Mandela - oor watter ekonomiese stelsel Sui-Afrika moet kry, 1990
Geen ekonomiese beleid is moontlik sonder 'n swaard, geen industrialisasie sonder mag. ~ Adolf Hitler - Munchen, 1923
Nog nooit is 'n staat gevestig deur vreedsame ekonomiese maatreëls nie. ~ Adolf Hitler - Mein Kampf
Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou, met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. ~ C.J. Langenhoven
Moet nooit geldskieter of geldlener word nie; Wie uitleen, sal soms geld en vriend verloor, Wie leen, verstomp sy spaarsin en sy sorg. ~ William Shakespeare - Hamlet (vertaling deur Eitemal)
Geld is 'n goeie dienaar as jy weet hoe om dit te gebruik, maar anders is dit 'n slegte meester. ~ Publilius Syrus
Regerings hou so lank soos die onderbelaste hulself kan verdedig teen die oorbelaste. ~ Bernard Berenson
Laat ons die oog vestig op die kapatalis. Hy is 'n vloek vir die land. ~ M.T. Steyn
Hierdie groot Imperialis is die vader van rassehaat in die land. Hy dryf handel met die nasionale gevoel van die volk - en dit om homself ryk en verryk te maak. ~ M.T. Steyn
Soos oorlog te belangrik is om aan generaals oorgelaat te word, net so is die ekonomie te belangrik om aan ekonome oorgelaat te word. ~ John Kenneth Galbraith - Parys, 1983
As die mens van die produk van sy arbeid vervreemd raak, lei dit tot die vervreemding van sy medemens. ~ Karl Marx - Loon, arbeid en kapitaal
Alleen die noodsaak om aan die lewe te bly, dwing 'n mens om handearbeid te doen. ~ Saint Thomas Aquinas - Summa contra Gentiles
Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. ~ Die Bybel - 1 Timoteus 6:10
Die enigste probleem met kapitalisme is die kapitaliste; hulle is verdomp te geldgierig. ~ Herbert Hoover
Soos die geld groei, groei ook die sorge. ~ Horatius
Vooruitgang is nie 'n ongeluk nie, maar 'n noodsaaklikheid...Dit is deel van die natuur. ~ Herbert Spencer - Social Statistics
Ons loop met vreemde voete; ons sien met vreemde oë; deur 'n vreemde geheue herken en groet ons mense; ons leef van vreemde arbeid. ~ Pliny the Elder - Naturalis Historia
 Ek lewe so ver bo my inkomste dat 'n mens amper kan sę ons is uitmekaar. ~ Saki
Geld wat stom is, maar reg wat krom is. ~ Spreekwoorde - Nederlandse spreekwoord
'n Griek sal tien Jode kul, 'n Armeniër tien Grieke. ~ Spreekwoorde - Oosterse spreekwoord
'n Silwer hamer breek 'n ysterdeur. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
'n Man met 'n suur gesig behoort nie 'n winkel te begin nie. ~ Spreekwoorde - Japanese spreekwoord
'n Ekonoom: die enigste professionele mens wat sien iets werk in die praktyk en dan bekommerd wonder of dit in teorie werk. ~ Ronald Reagan
Tot die glorie van God en wins. ~ Dantini - inskripsie op sy boekhouboeke
Daar is drie maniere waarop 'n mens sy geld kan verloor: deur dit op vroue te verkwis, deur dit weg te dobbel, of deur deskundiges aan te stel. Hiervan is vroue die lekkerste, dobbel die opwindendste en deskundiges die sekerste. ~ Georges Pompidou
Geen inmenging en volkome vryheid van beweging. ~ Francois Quesnay - oor staatinmenging in die ekonomie
Die geheim van om 'n besigheid te bedryf, is om iets te weet wat niemand anders weet nie. ~ Aristotle Onassis
Kapitalisme sonder bankrotskap is soos die Christendom sonder die hel. ~ Frank Borman
In ons dae kan 'n ekonomiese stryd die oorwinnaar verryk; 'n militęre stryd ruďneer hom vir 'n lang tyd. ~ Gustav le Bon
Laat ons almal gelukkig wees en binne ons vermoë lewe, al moet ons ook die geld leen om dit te kan doen. ~ Artemus Ward - Natural History
Die Amerikaanse volk dra nooit 'n sambreel nie. Hulle berei hulle voor om in ewigdurende sonskyn te wandel. ~ Alfred E. Smith - 1931
Die lewe van die geldmaker is soos 'n feesmaal van dooies. Dit het alles behalwe iemand om dit te geniet. ~ Alfred E. Smith - aangehaal duer Marthinus Versfeld, Tyd en dae, 1982
Die hele openbare inkomste, of byna die hele openbare inkomste, word in party lande gebruik om onproduktiewe monde te voed. ~ Adam Smith - The Federalist
Om 'n ryk te stig om van 'n klomp mense klante te maak, lyk op die oog af na 'n goeie doel vir 'n volk van winkeliers. Dit is egter 'n projek wat heeltemal onvaspas is vir 'n volk van winkeliers, maar uiters gepas vir 'n volk wat deur winkeliers regeer word. ~ Adam Smith - The Wealth of Nations
Dis jammer al die mense wat weet hoe om die land te regeer, is besig om taxi's te bestuur en hare te sny. ~ George Burns
<< Terug na Onderwerp Lys
|