|
|
Dood Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Ons is almal huurders en een of ander tyd sal die groot Huisbaas ons kennis gee dat ons huurkontrak verstryk het. ~ Unknown - Inskripsie op Joseph Jefferson, Amerikaanse akteur, se graf
Solank as wat ek iets nodig het, het ek 'n rede om te leef. Tevredenheid is die dood. ~ George Bernard Shaw
Die dood moet nie as 'n kwaad geag word as dit die einde van 'n goeie lewe is nie. ~ Saint Augustine
Of die dood is 'n toestand van nikswees en totale onbewustheid, of, soos mense sê, is daar 'n verandering en migrasie van die siel van hierdie wêreld na 'n ander...As dit nou die aard van die dood is, sê ek om te sterf is om te wen; want die ewigheid is dan net 'n enkele nag. ~ Plato - Apologie
Die dood is nie verskriklik nie, maar die gedagte dat die dood iets verskrikliks is, dit is die verskriklike. ~ Epictetus
Slaap is goed, dood is beter, maar die beste is om nie gebore te word nie. ~ Heinrich Heine
Die berig oor my dood was 'n oordrywing. ~ Mark Twain - in 'n kabelgram, 2 Junie 1897
 Ek is nie bang vir die dood nie. Ek was vir miljarde en miljarde jare dood voordat ek gebore is, en het nie die minste daarvan oorgekom nie. ~ Mark Twain
Die dood is nie die afskakeling van die lig nie; dit is net die uitblaas van die lamp omdat die dag gebreek het. ~ Rabindranath Tagore
Die dooies vertel nie stories nie. ~ John Dryden - Spanish Friar
As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: "Ek het hom by sy werk gekry." ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Dit beteken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Ons is almal op sterwe na dood. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Sal die leser wat by hierdie plekke kom, as die skrywer in die graf is, onthou dat daar vir hom ook 'n jaar sal kom waarvan hy nie die Ou-jaarsdag sal sien nie. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Al is jy, Dood, ook met ons. Ja, vir my Is elke kind se eerste lewenskreet 'n Groter wonder as sy laaste snik. ~ C. Louis Leipoldt - "Dood", Uit dei wêrelddele, 1923
want alles was deurweek van sterflikheid. ~ N.P. van Wyk Louw - "Aanraking van die dood", Die halwe kring, 1937
Eers die dood sê dikwels aan ons hoe dierbaar iemand se lewe vir ons was. Wat ons versuim het, lees ons te dikwels op grafstene. ~ Publilius Syrus
die eindelike rus as sag de kersvlam groei en krimp en groei en plotseling wegsink dat die nag soos watermure oor my vloei. ~ Elisabeth Eybers - "Portret", Die vrou en ander verse, 1945
Die eensames voel nooit alleen in die wit broederskap van been, hier kan die digter sonder skroom hom blywend toespin in sy droom. Geen jaarlikse belastingheffing op hierdie langtermynbelegging geagte leser, dié geleentheid bied hom slegs een keer in 'n leeftyd. ~ Elisabeth Eybers - "Wespark", Die helder halfjaar, 1956
Die grassaad sal nog buig, die beeste bulk, die lewe roep, maar jy? Hier waar jy was, sal skape wei. ~ C.M. van den Heever - "Die gevalle Zoeloe-indoena", Aardse vlam, 1938
En al die mensgeslagte sal vergete en weggebrand wees net soos gras: Maar, God, die swaarste - hoe klein! - is tog die wete dat ek ook deel van dié verwoesting was! ~ C.M. van den Heever - "Eenmaal", Aardse vlam, 1938
Al wat ek eendag saam met my kan vat, is dit wat ek hier op aarde weggegee het. ~ Morkel van Tonder - Kantaantekeninge, 1980
Daar is geen dood Ons wat van lae strand dit sien, en speur hoe dat hul vaart die afstand steeds vergroot - ons kan nie sien wat anderkant gebeur, en daarom noem ons die verdwyning: dood ~ Totius - "Daar Is Geen Dood", Passieblomme, 1934
Tevergeefs die gebede teen sterwe - sy kom: wit voorskoot vol haelkorrels... ~ D.J. Opperman - "Wit duiwelin", Edms. Bpk., 1970
Net pagters ons van stof en dons om oor te voer aan Skoppensboer. ~ Eugene N. Marais - "Skoppensboer", Die Brandwag, 25 Mei 1921
...oor alles hou die wurm wag en stof en as is al wat bly: Want swart en droef, die hoogste troef oor ál wat roer, is Skoppensboer. ~ Eugene N. Marais - "Skoppensboer", Die Brandwag, 25 Mei 1921
Gewis is alles net 'n grap! Ons speel in die komedie mee geblinddoek met 'n lampfer-lap wat selfs die son 'n skadu gee. ~ Eugene N. Marais - "Skoppensboer", Die Brandwag, 25 Mei 1921
 plant my op 'n heuwel naby 'n dam onder leeubekkies laat die sluwe bitter eende op my graf kak in die reën ~ Breyten Breytenbach - "Bedreiging van die siekes", die ysterkoei moet sweet, 1964
- moet ek ook 'n dieper wending gee? dat ons almal net ballinge is van die Dood om binnekort "huis toe" te mag gaan? ~ Breyten Breytenbach - "luistervink", kouevuur, 1969
daar is niks met ons verkeerd wat die dood nie reg kan maak nie ~ Breyten Breytenbach - "beskrywing", Raster, 5(1), 1971
maar kyk, ons is elk self die koetsier van verbygaan, goejop-regop met hande verwelk om die doodskar se leisels. wat só bid-bid is on reis gewik, koel, 'n skelet gekelk in die dagkabaai van vleis... ~ Breyten Breytenbach - "om te lewe is om te brand" - Andrei Voznesenski, Eklips, 1983
anoniem maar rustig en aan geen bloed verknog: miskien is die dood dan 'n verowerde asiel ~ Breyten Breytenbach - "23 Februarie 1974", Soos die so, 1990
die dood is niks is slegs 'n oorgang van asem na ontasem ~ Breyten Breytenbach - "vuur op die maan", Oorblyfsels: 'n roudig, 1997
die dood is 'n afglansing vir die lewe: wanneer die spieël breek kom die tyd van onbevangenheid ~ Breyten Breytenbach - "vuur op die maan", Oorblyfsels: 'n roudig, 1997
Baie mense is reeds dood voorat hulle begin lewe. ~ Seneca
Die dood eis alles op. Om te sterwe is 'n wet, nie 'n straf nie. ~ Seneca
Die dood is die lewe se kloon. ~ Johann de Lange - "Die dubbelganger", Snel grys fantoom, 1986
mense gaan dood maklik soos ander asemhaal. ~ Johann de Lange - "Selfmoord in 5 reëls", Akwarelle van die dors, 1982
Watter pyn, watter verlange vorm my en slyt my weg vir die ewigheid reg? ~ Johann de Lange - "Groei", Waterwoestyn, 1984
Welkom, vreemdeling vergetelheid. Skroom nie om jou donker vakuum om my uit te brei, vergroting van die duister agter my ooglede. ~ Wilma Stockenstrom - "Welkom, vreemdeling vergetelheid", Spieël van water, 1973
Eendag sal ek, weet ek, die dood met laggende skedel trotseer. ~ Wilma Stockenstrom - "Die skedel lag al huil die gesig", Van vergetelheid en van glans, 1976
Ek sê mos die skedel lag al huil en huil die gesig ~ Wilma Stockenstrom - "Die skedel lag al huil die gesig", Van vergetelheid en van glans, 1976
As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. ~ Die Bybel - Johannes 12:24
...want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie. ~ Die Bybel - Prediker 9:10
Die mens ken selfs nie die tyd van sy dood nie. Soos visse wat gevang word in 'n net, soos voëls wat gevang word in 'n wip, so word die mens gevang as die teëspoed kom, as dit hom skielik oorval. ~ Die Bybel - Prediker 9:12
"Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal." "Dood, waar is jou oorwinning? dood, waar is jou angel?" ~ Die Bybel - 1 Korintiërs 15:56
Ons wens onsself soms geluk wanneer ons wakker word na 'n nagmerrie; dit kan so wees in die oomblik na die dood. ~ Nathaniel Hawthorne
Dit is merkwaardig hoe die feit van iemand se dood dikwels aan mense 'n juister beeld skyn te gee van sy karakter, in 'n goeie en slegte sin, as wat die gestorwene ooit gehad het terwyl hy geleef en in hul midde beweeg het. ~ Nathaniel Hawthorne
Die bleke dood klop sonder onderskeid aan die hutte van die armes en die kastele van konings. ~ Horatius - Odes
Die dood haal die vlugtende in. ~ Horatius - Odes
kleef aan jou bed die hemel is hol en koud en ver verset jou teen die dood wurmpropvol ~ T.T. Cloete - "Lê en roer", Allotroop, 1985
Niks bly doos dit is nie. Soos snoei is ook aanplant sny, en uitroei. Alle snye groei. ~ T.T. Cloete - "Allofonie", Allotroop, 1985
daar blyk geen stilte te wees in 'n bottel barbiturate of 'n flesvol as ~ Joan Hambridge - "Repos ailleurs", Bitterlemoene, 1986
Ek leef met my oog op die ewigheid - gedagvaar deur die dood ~ Joan Hambridge - "Solstitium", Geslote baan, 1988
De doot die spaert nog zoete jeugt, Noch gewelijcken ouderdom, Zij maecht den mond des reedners stom En ziet geleertheid aen nog deugt.
~ Joost van den Vondel
Leer hoe om te lewe, en 'n nog harder les: hoe om te sterwe. ~ Beilby Porteus - Death
'n Enkele dood is is tragedie, 'n miljoen sterftes 'n statistiek. ~ Joseph Stalin
Die dood is van alle besoekers die mees aangekondigde en die mins verwagte. ~ Paul Bourget
Die dood is 'n swart kameel wat voor elke ou se hek kniel. ~ Abd-El-Kader
Die dood is die lewe se rustende vennoot ~ Horace Smith - The Tin Trumpet
Die dood maak alle tellings gelyk. ~ James Shirley - Cupid and Death
Dit is net die dooie wat nie terugkeer nie. ~ Bertrand Barère - in 'n toespraak, 1794
Om te twyfel, is die dood, nie om te sterf nie. ~ Simonides - Epigram
Die dood is die einde van alle dinge van die menslike lewe, net nie van die bygeloof nie. ~ Plutarchus
...dat hy wat teen die onsterflikes veg, nie baie lank leef nie... ~ Homerus - Die Ilias
Van al die gode is dit net die dood wat geen geskenk aanvaar... ~ Aristophanes - Die paddas
Wie weet of lewe dood, of dood lewe is... ~ Aristophanes - Die paddas
Tier, tier teen die uitdoof van die lig. ~ Dylan Thomas - "Do not go gentle into that good light", Collected Poems
elke mens verwerf sy dood die dood wat alleen joune is en niemand anders s'n nie ~ George Seferis - "die laaste dag", 10 Gedigte
Dit is moontlik dat dit is soos om na die lughawe van Parys te gaan en te dink jy het Frankryk gesien. ~ Bruce Greyson - oor mense se aansprake dat hulle naby-doodervarings beteken het hulle was dood
Onthou, ons moet sterwe.
(Memento mori) ~ Spreekwoorde - Romeinse Spreuk
Arm of ryk, die dood maak almal gelyk. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
<< Terug na Onderwerp Lys
|