|
Diplomasie Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Diplomasie kan beskryf word as die vervanging van baie brandende vraagstukke deur 'n klomp smeulendes. ~ Ambrose Bierce - The Devil's Dictionary
Alle ambassadeurs bemin en is baie vriendelik en hulpvaardig teenoor mense at reis. ~ George Bernard Shaw - Misalliance
Ambassadeurs het nie oorlogskepe of infantrie of forte tot hul beskikking nie. Hulle wapens is woorde en geleenthede. ~ Demosthenes
Duidelik en openhartig - dit moet jou benadering wees as jy jou eie gedagtes wil verberg en die ander ouens van stryk wil bring. ~ Benjamin Disraeli - Sybil
In staatsmanskap kan jy die moraliteite vergeet, solank jy die formaliteite regkry. ~ Mark Twain - Pudd'nhead Wilson's New Calendar
Die diplomasie is soos 'n mandjie eiers en nie soos 'n mandjie klippe nie. ~ D.F. Malan
Onthaal goed en kyk mooi na die dames. ~ Napoleon Bonaparte - aan sy nuwe ambassadeur in Warschau
Eerlike diplomasie is net so min moontlik soos droë water of hout yster. ~ Joseph Stalin
Amerikaanse diplomasie is maklik op die brein, maar swaar op die voete. ~ Charles G. Dawes - 2 Junie 1931
As jy jou geheim wil bewaar, draai dit in openhartigheid toe. ~ Alexander Smith - Dreamthorp
Daar is drie spesies sterwelinge wat gaan wanner dit lyk of hulle kom en wat kom wanneer dit lyk of hulle gaan: diplomate, vroue en krappe. ~ John Hay - Distichs
'n Ambassadeur is 'n eerlike man wat na die buiteland gestuur word om te lieg ter wille van sy land. ~ Henry Wotton - in 'n aantekening, na aanleiding van 'n opmerking van Plato in Die Republiek
Mense is soos koeëls, hoe gladder hulle is, hoe verder gaan hulle. ~ Jean Paul - Titan
'n Staatsman maak die geleentheid, maar die geleentheid maak die politikus. ~ G.S. Hillard
'n Diplomaat is vandag niks meer as 'n hoofkelner wat af en toe toegelaat word om te sit nie. ~ Peter Ustinov - Romanoff and Juliet
Diplomate is mense wat die jongste staatsberigte enkele ure voor die ander mense ontvang en enkele dae later begryp. ~ Ernst Hohenemser
Mag die penne van diplomate nie weer bederf wat die volk met sulke groot inspanning bereik het nie.
~ Gebhard Leberecht von Blucher - nadat sy Pruisiese leër Brittanje gehelp het om Napoleon by Waterloo te verslaan.
<< Terug na Onderwerp Lys
|