|
|
Boeke Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Daar is nie iets soos 'n morele of 'n immorele boek nie. Boeke if of goed geskryf of slef geskryf. ~ Oscar Wilde
As jy iets wil weet wat niemand weet nie, gaan lees wat almal lees, net 'n jaar daarna. ~ Ralph Waldo Emerson
Die mens wat nie goeie boeke lees nie, het geen voordeel bo die mens wat nie kan lees nie. ~ Mark Twain
Kennis het nog altyd die meeste gebaat by daardie boeke waarop die drukkers 'n verlies gemaak het. ~ Thomas Fuller
Die literatuur is sentraal in elke kultuur. ~ N.P. van Wyk Louw - "Van die redaksie", Standpunte, I, 1 Desember 1945
Ons volk se moontlikhede is miskien talryker as wat ons meen. En 'n literatuur kan nooit vooraf teoreties in kafees of kroeë, voorkamers, kollegesale of redaksiekantore gemaak word nie. ~ N.P. van Wyk Louw - Liberale nasionalisme, 1958
Die wêreldliteratuur is 'n volle orkes - nie 'n dun en eensame fluit nie. Elke taal, selfs die kleinste, is 'n aparte instrument met 'n eie timbre. Literatuur wat in hom volmaak uitgespreek is, word 'n onvervangbare verowering van die mens; gaan dit verlore, ly die hele mensdom skade. ~ N.P. van Wyk Louw - Inleiding tot JPJ van Rensburg se vertaling van Die vroue van Troje deur Euripides, 1945
Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes. ~ Joseph Addison - The Spectator
So het ek my lewe om geboemel: boeke lees, skilderye bekyk, toneelstukke gesien, geluister, gedink, geskryf oor waarvan ek die meeste gehou het. Net een ding het ek begeer: om gelukkig te wees, maar by gebrek daaraan het ek alles ontbeer. ~ William Hazlitt - My First Acquaintance with Poets
Sy slegste is beter as iemand anders se beste. ~ William Hazlitt - oor sir Walter Scott
U moet minder op boeke en meer op mense let. ~ D.J. Opperman - Vergelegen, 1956
Boeke is die heiligdom waar die heiliges is - of veronderstel is om te wees. ~ Sir Francis Bacon
Lees skep 'n volledige mens, beraadslaging 'n man wat gereed is, en skryf 'n presiese man. ~ Sir Francis Bacon
Boeke is soos brood en moet soos brood behandel word. ~ Elize Botha
Ek is liewer 'n arm man wat in 'n solder woon met baie boeke as 'n koning wat nie lief is vir lees nie. ~ Thomas Babington Macaulay
Daar is geen vinniger en fermer vriendskappe as die tussen mense wat lief is vir dieselfde boeke nie. ~ Irving Stone
'n Goeie boek is die een wat met groot verwagtig oopgemaak en met groot wins toegemaak word. ~ Amos Bronson Alcott - Table Talk
Boeke is die kompasse en die teleskope en hoogtemeters en kaarte deur ander mense voorberei om ons te help om die gevaarlike see van die lewe te bevaar. ~ Jesse Lee Bennet - Books as Guides
Van al die kwaliteite wat 'n boek moet hê, is die vernaamste dat dit leesbaar moet wees. ~ Anthony Trollope - Autobiography
Dra die ou jas en koop 'n nuwe boek. ~ Austin Phelps - The Theory of Preaching
Wanneer ek dood is, hoop ek dit sal so wees: hoe sondig hy ook al was, sy boeke word gelees. ~ Hilaire Belloc - On His Books
'n Boek is 'n spieël waarin jy kyk. As 'n aap daarin kyk, kan jy nie verwag 'n engel moet terugkyk nie. ~ Blaise Pascal - Pensées
Geskiedkundiges vertel die verhaal van die verlede, romanskrywers die verhaal van die hede. ~ Edmond - Journal
Die beroep om boeke te skryf, laat perderesies na 'n soliede, stabiele besigheid lyk. ~ John Steinbeck
Aan enige boek sonder 'n enkele fout is daar te veel tyd en geld bestee. ~ Sir William Collins - in reaksie op kritiek oor set- en ander foute in boeke van sy uitgewery
Boeke en vriende moet min en goed wees. ~ Spreekwoorde - Spaanse spreekwoord
<< Terug na Onderwerp Lys
|