|
Berou Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Een mens se berou is 'n ander se herinnering. ~ Ogden Nash
Die misbruik van grootheid is wanner dit berou afskei van mag. ~ William Shakespeare - Julius Caesar
Verdik my bloed; Verstop elke weg en toegang tot berou, Dat geen weekhartige stem van die natuur My felle doelwit skok, geen vrede wil En daad sal skei! ~ William Shakespeare - Macbeth, vertaling deur Eitemal
Sien wat berou kan doen. Wat kan dit nie? Wat kánd it, as ons geen berou kan voel nie? ~ William Shakespeare - Hamlet, vertaling deur Eitemal
Lyding oor 'n onvervulde wens is gering in vergelyking met berou: want die eerste staan voor die steeds geopende, onafsienbare toekoms, die tweede voor die onherroepelik afgeslote verlede. ~ Arthur Schopenhauer
Nooit word aan berou plek gegee, sonder om dadelik aan jouself te sę nie: dit was een tweede domheid gevoeg by die eerste. ~ Friedrich Wilhelm Nietzsche
Die ondeug laat soos 'n sweer in die vleis berou in die siel agter, wat hom altyd laat oopskeur en bloei. Want die rede wis die ander droefhede en smarte uit, maar dit wek dié van berou steeds weer op. ~ Michel de Montaigne
Geen enkele berou is so smartlik soos vergeefse berou. ~ Charles Dickens - Oliver Twist
Berou is impotent; dit sal sy foute herhaal. Belydenis alleen is die werklike krag; dit bring 'n einde aan alles. ~ Honoré de Balzac
Berou sonder verbetering is soos om voortdurend te pomp sonder om die lek te stop. ~ R. Dilkwyn
Vaarwel berou: alles goed is vir my verlore; Boosheid, wees jy my metgesel. ~ John Milton - Paradise Lost
Berou slaap wanneer dit voorspoedig gaan, maar ontwaak tydens teenspoed. ~ Jean-Jacques Rousseau - Belydenisse
Berou vernietig skuld. ~ Spreekwoorde - Nederlandse spreekwoord
'n Berouvolle skulderkentenis kom baie na aan onskuld. ~ Spreekwoorde - Duitse spreekwoord
<< Terug na Onderwerp Lys
|