|
|
Argitektuur Aanhalings
| |
<< Terug na Onderwerp Lys
Die mens was nooit met groter vreugde vervul as toe hy 'n katedraal gebou het nie: iets wat met die eerste oogopslag na 'n groot standbeeld lyk, maar van nader beskou, so lewendig en opwindend soos 'n woud is. ~ Robert Louis Stevenson - An Island Voyage
Toe ek onlangs saam met 'n vriend voor die katedraal van Amiens staan, vra hy vir my hoekom ons deesdae nie meer so iets kan bou nie. Ek sê toe vir hom: die bouers van daardie dae had oortuigings; ons het net opinies en dit vra meer as 'n opinie om 'n Gotiese katedraal te bou. ~ Heinrich Heine - in 'n brief aan August Lewald
'n Dokter kan sy foute begrawe, maar 'n argitek kan net sy kliënte raad gee om wingerdstokke te plant. ~ Frank Lloyd Wright
Dink eenvoudig, soos my ou meester gewoond was om te sê. Dit beteken om die geheel te reduseer tot die eenvoudigste terme van sy dele, om terug te keer tot die grondbeginsels. ~ Frank Lloyd Wright
Argitektuur is die werk van nasies. ~ John Ruskin - True and Beautiful
Wanneer ons bou, laat ons glo ons bou vir altyd. ~ John Ruskin - Seven Lamps of Architecture
Geen argitektuur is so skoon as wat dit eenvoudig is nie. ~ John Ruskin - Stones of Venice
Iemand wat nie 'n groot beeldhouer of skilder is nie, kan nie 'n groot boumeester wees nie. Hy is dan slegs 'n bouer. ~ John Ruskin
Liewer die grofste werk wat 'n geskiedenis meedeel of aan 'n gebeurtenis herinner, as die rykste sonder betekenis. Op groot openbare geboue mag nie een enkele ornament voorkom wat nie tot die verstand spreek nie. ~ John Ruskin
'n Argitek moet so min in stede woon soos 'n skilder. Stuur hom na ons heuwels en laat hom daar 'n studie maak van wat die natuur bedoel met 'n steunboog en wat met 'n koepel. ~ John Ruskin
proud ou gabou pathetic pêllie stil ou djy fancy djy staan nog... djy word gedemolish sê ek vir djou!...
Hoor djy die pêrepote vannie bulldozers? ~ Adam Small - Oos wes tuis bes Distrik Ses, 1973
Somberheid verleen waardigheid. ~ Euripides - Bacchides
Die groot uiterstes behoef geen argitektuur: die salige lig straal gestalteloos soos 'n engel die duisternis mok amorf in homself maar tussenin dans dol soos 'n katedraal bont soos 'n gebrandskilderde harlekyn die menswees uitgeterg tot haglike argitektuur.
~ Sheila Cussons - "Bouwerk", Die skitterende wond, 1979
Dit is 'n eerbiedwaardige ding om 'n antieke kasteel of gebou te sien wat nie vervalle is nie. ~ Sir Francis Bacon - Essays
'n stad se vorm, helaas, verander vinniger dan 'n mens se hart wat ou posture vaslê. ~ Peter Blum - 1955
Hulle bou stilweg en onverpoosd met hul dood aan die ondersese rococo-katedraal wat glinster in die skuins hale son: so word 'n skip katedraal.
~ Johann de Lange - "Sterwende argitekte", Akwarelle van die dors, 1982
A, dat die slopers kom om my oë uit te slaan! Genoeg het ek gesien. Oorbodige bepeinsinge bewaar in my kamers, ek, argief van gistergerigtheid oumensbewend onder my dun laag dagha. ~ Wilma Stockenstrom - "Ou gebou" , Vir die bysiende leser, 1970
Argitektuur kan nie lieg nie en geboue, hoewel leweloos, is in daardie opsig moreel die mens se meerdere. ~ John Gloag - 1963
Die boumeester moet nie alleen teken nie, maar ook musiek verstaan. ~ Vitruvius
Die boukuns is in sekere mate die uitdrukking van die beskawing van 'n volk. ~ Honore de Balzac
'n Boog slaap nooit. ~ James Fergusson - The History of Indian and Eastern Architecture
Argitektuur is primêr die kuns van betekenisvolle ruimte, dit wil sê vorme betekenisvol ten opsigte van hul ruimtes. ~ Claude Bragdon - Wake Up and Dream
Argitektuur mik op die ewige, daarom leen sy beginsels hulle nie tot modes en grille nie. ~ Christopher Wren - Parentalia
Argitektuur is die aangeleerde spel, korrek en manjifiek, van vorms byeengebring in die lig. ~ Le Corbusier
Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? ~ Die Bybel - Lukas 14:28
<< Terug na Onderwerp Lys
|