 Spreuke van Langenhoven: VriendskapTerug na Indeks
Warning: Missing argument 5 for DisplayQuoteList(), called in /usr/www/users/andiqu/langenhoven_spreuke.php on line 117 and defined in /usr/www/users/andiqu/includes/global_functions.php on line 298
Warning: Missing argument 6 for DisplayQuoteList(), called in /usr/www/users/andiqu/langenhoven_spreuke.php on line 117 and defined in /usr/www/users/andiqu/includes/global_functions.php on line 298
Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur. ~ C.J. Langenhoven
Moenie vriendskap en besigheid meng nie- jy bederf albei. ~ C.J. Langenhoven
Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word. ~ C.J. Langenhoven
As twee vriende eenmaal getwis het, kan hulle afmaak maar die vorige vriendskap kry hulle nooit weer terug nie. Buiten wanneer hulle met mekaar getroud is. ~ C.J. Langenhoven
Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesê het omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar reken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek! ~ C.J. Langenhoven
Die teëspoed sif die vriende uit wat die voorspoed geoes het. ~ C.J. Langenhoven
Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was. ~ C.J. Langenhoven
Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Ander loop julle naderhand albei nakend. ~ C.J. Langenhoven
Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, dié van twis agterna. ~ C.J. Langenhoven
Borgskap is 'n kind van vriendskap, maar hy vermoor graag sy ouer. ~ C.J. Langenhoven
Die manteldraaier maak vriende al in die rondte, totdat hy op die end al in die rondte vyande het. ~ C.J. Langenhoven
Hoe meer tevrede 'n man met my is, hoe meer tevrede is ek met hom. En hoe gouer is ons al twee ontevrede. ~ C.J. Langenhoven
Die ware vriendskap, nou, is nie te koop nie; want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee. ~ C.J. Langenhoven
Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie. ~ C.J. Langenhoven
Gooi vir jou gas "tjiekorie" by die koffie en hy sal die "tjiekorie" onthou en die koffie vergeet. ~ C.J. Langenhoven
'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. ~ C.J. Langenhoven
Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel. ~ C.J. Langenhoven
Afwesigheid is die vyand van liefde en die vriend van vriendskap. ~ C.J. Langenhoven
Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. ~ C.J. Langenhoven
Daar is één opsig waarin ek my dierbaarste vriend net so behandel soos my bitterste vyand. Ek steek my skande vir albe ewe sorgvuldig weg. ~ C.J. Langenhoven
Dooie vriendskap is die aas van wetsgeleerde kraaie. ~ C.J. Langenhoven
'n Skare is 'n versameling van eensames. ~ C.J. Langenhoven
Stuur jou buurman se vee skut toe en vind die skutgeld te min om vir jouself nog 'n veewagter te huur. ~ C.J. Langenhoven
Wat ek van Job die meeste bewonder is nie die geduld wat hy onder teëspoed betoon het nie, maar dié wat hom gekeer het dat hy sy drie vriende nie een vir een by die deur uitgeskop het nie. ~ C.J. Langenhoven
Koop jou wingerdstokkies van jou buurman. Jy het nie die vreemde wingerd se druiwe geproe nie. ~ C.J. Langenhoven
Dis nie reg van my buurman om te bid vir reën solank as my gerwe nog op die land lê nie. Waarom dink hy net aan sy eie belange? ~ C.J. Langenhoven
Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien en al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar 'n derde mens uit. Hy sal naastenby so lyk soos elk van julle twee. ~ C.J. Langenhoven
Terug na Indeks
|