Statistieke Rakende Idiome
Hierdie is net vir interessantheid. Watter idiome word die meeste gelys?
Die volgende is die Top 20 idiome wat op hierdie webwerf vertoon word.
Vertoon is nie noodwendig dieselfde as gewild nie!
Maar dit is min of meer 'n goeie indikasie.
Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. - Mooi klere alleen verander nie iemand se karakter nie. (0.2% of total hits)(28817)(3468)Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie. - Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse. (0.2% of total hits)(28817)(3297)Dit lyk of die aasvoëls hom beetgehad het. - Sy klere is stukkend (0.2% of total hits)(28817)(2941)Wie A sê, moet ook B sê.
- wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou. (0.2% of total hits)(30784)(692)Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld. - Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp. (0.2% of total hits)(29418)(1942)Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. - Hy pak alles aan, maar maak van niks 'n sukses nie. (0.2% of total hits)(28817)(2399)Armoede maak jou vindingryk. - Hy lyk so minderwaardig, maar hy is talentvol. (0.2% of total hits)(28817)(2311)Die aap kom uit die mou. - Nou is die geheim verklap, bekend. (0.2% of total hits)(28817)(2310)Gods water oor Gods akker laat loop. - dinge maar hul gang laat gaan sonder om iets van jou kant af te doen (0.2% of total hits)(28817)(2237)Armoede leer bene kou. - Armoede maak jou vindingryk. (0.2% of total hits)(28817)(1982)Moenie al die aanbrandsel uit die pot krap nie. - Moenie al jou middele in een slag aanwend/waag nie. (0.2% of total hits)(29512)(1273)Ek het 'n appeltjie met jou te skil / iemand onder vier oë spreek - ek wil 'n onaangename saak met jou bespreek (0.2% of total hits)(28817)(1941)Ook 'n stuiwer in die armbus gooi / 'n noot in die psalm gehad - ook 'n bydrae tot die gesprek probeer lewer deur 'n onbenullige opmerking te maak. (0.2% of total hits)(28817)(1901)Iemand dink dat hy/sy 'n aap aan die stert beet het. - Iemand dink hy/sy kan iemand alles wysmaak. (0.2% of total hits)(28817)(1875)Sonder aansien des persoons - sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al (0.2% of total hits)(28817)(1869)Iemand het aalwyn getap. - Iemand is verbitterd. Iemand is in 'n slegte stemming (0.2% of total hits)(30150)(495)Die appel val nie ver van die boom nie. - die kind is soos die pa of ma. (0.2% of total hits)(28817)(1813)So min van iets weet as 'n aap van godsdiens. - geen kennis hoegenaamd van iets hê nie (0.2% of total hits)(28817)(1782)Dis 'n slegte aasvoël wat bly sit as hy gevreet het. - Gesê as verskoning deur 'n gas wat onmiddellik na ete wil vertrek. (0.2% of total hits)(28817)(1764)Dit lyk of die aasvoëls iemand se kos afgeneem het. - Iemand lyk verleë (0.2% of total hits)(28817)(1748)
|