Hy kom nie warm by die water nie. - Hy is uiters stadig.
Hy kom nie warm by die water nie.
- Hy is uiters stadig.
Hy dra water in 'n mandjie aan. - Hy probeer wat onmoontlik is.
Hy dra water in 'n mandjie aan.
- Hy probeer wat onmoontlik is.
Hy voeg die daad by die woord. - Hy doen dadelik wat hy gesê het.
Hy voeg die daad by die woord.
- Hy doen dadelik wat hy gesê het.
'n Wolf in skaapklere - 'n skynheilige mens.
'n Wolf in skaapklere
- 'n skynheilige mens.
Met die honde blaf en die wolwe huil - met almal saampraat.
Met die honde blaf en die wolwe huil
- met almal saampraat.
Wors in 'n hondestal soek - iets soek waar jy dit nie sal kry nie.
Wors in 'n hondestal soek
- iets soek waar jy dit nie sal kry nie.
Van jou wysie af raak - gek word.
Van jou wysie af raak
- gek word.
Maak vir wolf skaapwagter - gee 'n onbetroubare persoon die verantwoordelikheid
Maak vir wolf skaapwagter
- gee 'n onbetroubare persoon die verantwoordelikheid
Hy hou darem nog kop bo water - hy sorg dat hy nie ondergaan nie
Hy hou darem nog kop bo water
- hy sorg dat hy nie ondergaan nie
Ons wik en weeg nog - ons prakseer nog heen en weer voordat ons besluit
Ons wik en weeg nog
- ons prakseer nog heen en weer voordat ons besluit
Voor op die wa wees - vrypostig wees.
Voor op die wa wees
- vrypostig wees.
Om die waarheid te sê, moet ek lieg - ek kan werklik nie met sekerheid sê nie.
Om die waarheid te sê, moet ek lieg
- ek kan werklik nie met sekerheid sê nie.
Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol) - gesê van iemand wat baie praat, maar min doen.
Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol)
- gesê van iemand wat baie praat, maar min doen.
Die mens wik; God beskik - die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë.
Die mens wik; God beskik
- die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë.