|
|
Idiome - S
| |
Terug na IndeksGedane sake het geen keer nie. - As iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie.
Hy stap met sy siel onder die arm rond. - Hy het niks te doen nie.
Moenie ou skoene weggooi voor jy nuwes het nie. - Moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe daar is nie.
Hy weet waar die skoen hom druk. - Hy ken sy eie moeilikhede.
Hy klap uit die skool. - Hy verraai geheime.
Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie. - Daarvan sal jy nie genoeg verdien om 'n bestaan te maak nie.
Dis 'n goeie sluk op 'n bottel. - Dis baie
Hy gee my 'n steek onder water. - Hy sê my op indirekte wyse sleg.
Die son trek water. - Dit word laat.
Dis 'n spyker in sy doodkis. - Dit sal sy dood verhaas.
Twee harde stene maal nie. - Twee hardkoppige mense kom nie goed oor die weg nie.
Die stoute skoene aantrek. - dapper iets aandurf.
Daar is iewers 'n skroef los - daar skort iewers iets
Hy is met snaar en tamboer vort - hy is te voet weg
Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie - hy is afgunstig
Moenie alles vir soetkoek opeet nie - moenie alles glo nie
Sy sit op stopland - sy is 'n oujongnooi
Een swaeltjie maak geen somer nie - een persoon kan nie veel uitrig nie / een goeie teken is nie genoeg nie
Ons kon hom met stokke en swaarde nie wegkry nie - ons kon hom met geen mag ter wêreld wegkry nie
Son in die weste, luiaard op sy beste - as dit laat word, is die luiaard die fluksste
Iemand uit die saal lig - iemand beroof van sy posisie
Dis 'n hele sabbatsreis daarheen - dis ver soontoe.
Sak, Sarel - moenie so oordryf nie.
Een brandsiek skaap steek die hele trop aan
- een slegte mens kan die hele gemeenskap se ondergang beteken.
'n Sak sout met iemand opeet - genoeg ondervinding saam met iemand opdoen sodat julle mekaar goed leer ken.
Dis net die oortjies van die seekoei - wat aan ons bekend is, is slegs 'n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem
Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou - as jy slegte geselskap opsoek, word jy ook sleg.
Hoe meer siele hoe meer vreugde - hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit.
Soos 'n splinternuwe sikspens lyk - baie netjies en windmakerig aangetrek wees.
Iemand skaakmat sit - iemand so vaskeer (figuurlik) dat daar geen uitkomkans vir hom is nie.
Deur skade en skande word 'n mens wys - deur sware ondervinding raak jy verstandig.
Almal of alles oor een kam skeer - almal of alles op dieselfde manier behandel, sonder om enige onderskeid te maak.
'n Tong soos 'n skeermes hê - bitsig en kwetsend in jou gesprekke wees.
As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek - as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas.
Skoenmaker, hou jou by jou lees - bepaal jou by dit waarvan jy iets weet en moenie jou bemoei met dinge waarvan jy geen benul het nie.
'n Skuifmeul kry
- 'n kans kry om uit die moeilikheid te kom.
Skouer aan die wiel gooi - daadwerklik optree.
Die argument hou nie meer steek nie - die argument geld nie meer nie.
Jou dae in ledigheid slyt - nooit 'n steek werk verrig nie.
Die spit afbyt - die gevaarlikste of moeilikste werk (of die vuil werk) doen.
Steen en been kla
- baie kla.
Vier stewels in die lug lê - onderstebo lê.
Stiefmoederlik behandel - sleg behandel
Met 'n stink spoed beweeg - vreeslik vinnig beweeg.
'n Stok in die wiel steek - iets verhinder; iemand dwarsboom.
Iemand onder stof loop - iemand onderstebo loop of baasraak.
In die stof byt - sneuwel.
'n Stofwolk opskop - vreeslik te kere gaan, maar niks uitrig nie.
Met die stroom saamgaan - slaafs doen wat die meerderheid doen of die tydgees navolg.
Die strop om die nek hê - pas getroud wees (grappige konteks)
Die beste stuurlui staan aan wal - dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie.
Die strydbyl begrawe - vrede sluit.
Iets uit jou duim suig - iets versin.
Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor - klein kindertjies sê 'n ding soos hy is sonder om die waarheid te verbloem.
Dit sal jou suur bekom - jy sal daarvoor boet.
Jou brood in die sweet van jou aangesig eet - baie swaar 'n bestaan maak.
Die skone geslag - die vrou
Terug na Indeks
|