Dit sal gebeur as die perde horings kry. - Dit sal nooit gebeur nie.
Dit sal gebeur as die perde horings kry.
- Dit sal nooit gebeur nie.
Hy slaan sy hand aan die ploeg. - Hy begin werk.
Hy slaan sy hand aan die ploeg.
- Hy begin werk.
Hy het pluisies in sy ore. - Hy let nie op nie.
Hy het pluisies in sy ore.
- Hy let nie op nie.
Dis praatjies vir die vaak. - Dis onsin.
Dis praatjies vir die vaak.
- Dis onsin.
Ek verkoop dit vir dieselfde prys waarvoor ek dit gekry het - ek vertel dit net soos ek dit gehoor het
Ek verkoop dit vir dieselfde prys waarvoor ek dit gekry het
- ek vertel dit net soos ek dit gehoor het
Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word - (hulle vryheid) sal beperk moet word
Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word
- (hulle vryheid) sal beperk moet word
Pa staan vir iets - die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
Pa staan vir iets
- die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.
Dit staan soos 'n paal bo water - dit is duidelik en ongetwyfeld
Dit staan soos 'n paal bo water
- dit is duidelik en ongetwyfeld
Die breë pad - die pad na die verderf.
Die breë pad
- die pad na die verderf.
Die smal pad - die pad na die ewige lewe.
Die smal pad
- die pad na die ewige lewe.
'n Padda in die keel hê - hees wees.
'n Padda in die keel hê
- hees wees.
Van 'n padda vere probeer pluk - die onmoontlike probeer vermag - die onmoontlike probeer vermag
Van 'n padda vere probeer pluk - die onmoontlike probeer vermag
- die onmoontlike probeer vermag
As dit pap reën, moet jy skep - benut die geleentheid terwyl dit daar is.
As dit pap reën, moet jy skep
- benut die geleentheid terwyl dit daar is.
Jou ouma die paplepel leer vashou - iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy.
Jou ouma die paplepel leer vashou
- iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy.
Iemand met die paplepel voer - iemand werktuiglik en bietjie vir bietjie iets leer
Iemand met die paplepel voer
- iemand werktuiglik en bietjie vir bietjie iets leer
My geheue speel my parte - my geheue laat my in die steek
My geheue speel my parte
- my geheue laat my in die steek
'n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie - 'n geskenk moet jy nie kritiseer nie.
'n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie
- 'n geskenk moet jy nie kritiseer nie.
Jou pêrels voor die swyne werp - iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie
Jou pêrels voor die swyne werp
- iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie
Die perke oorskry - te ver gaan.
Die perke oorskry
- te ver gaan.
Bly sit met die gebakte pere - bly sit met ander se moeilikheid.
Bly sit met die gebakte pere
- bly sit met ander se moeilikheid.
'n Bitter pil om te sluk - 'n moeilike ding om te verwerk.
'n Bitter pil om te sluk
- 'n moeilike ding om te verwerk.
Gee 'n man die pinkie, dan vat hy die hele hand - gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee.
Gee 'n man die pinkie, dan vat hy die hele hand
- gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee.
Dieselfde poeding met 'n ander sous - dieselfde ding in 'n ander vorm.
Dieselfde poeding met 'n ander sous
- dieselfde ding in 'n ander vorm.
Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel - die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel
- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou.
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is) - ander word berispe vir foute wat jy self maak.
Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)
- ander word berispe vir foute wat jy self maak.
Praatjies vul geen gaatjies nie - met 'n blote gepraat rig 'n mens nie veel uit nie.
Praatjies vul geen gaatjies nie
- met 'n blote gepraat rig 'n mens nie veel uit nie.
Is Saul ook onder die profete? - skertsend gesê as jy iemand in 'n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie.
Is Saul ook onder die profete?
- skertsend gesê as jy iemand in 'n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie.