|
|
Idiome - N
| |
Terug na IndeksHy soek 'n naald in 'n hooimied. - Hy probeer die onmoontlike of wat baie moeilik is.
Hy laat hom aan sy neus lei. - Hy laat hom bedrieg.
Eers neus, dan bril. - Eers volwassenes, daarna kinders.
Wie sy neus skend, skend sy aangesig - wie sy eie slegmaak, maak homself sleg
Op jou neus kyk - teleurgesteld wees
'n Draad vir elke naald hê - altyd reg wees met 'n antwoord.
Iemand naaldsteek - probeer agterkom hoe iemand voel of hoe hy dink oor 'n saak; ook iemand inlig of waarsku.
Deur jou nek vir iets betaal - baie duur daarvoor betaal.
Iemand 'n nekslag toedien - iemand iets aandoen wat hom heeltemal verpletter.
Die snuf in die neus kry - onraad bemerk, iets agterkom.
Dis neusie verby - die kans is verby; die gulde geleentheid is verlore.
Dit kom uit Noag se ark - dit is baie oud.
Jy kan maar op my nommer druk as jy hulp nodig het - jy moet maar net sê dan help ek jou.
'n Noot laer sing - nie meer sulke hoë eise stel nie.
(Werk) dat die kromme note jou haal - baie hard werk - baie hard (werk)
Noustrop trek - baie swaar kry.
Dis van nul en gener waarde
- dit beteken absoluut niks nie, dit het hoegenaamd geen waarde nie.
Terug na Indeks
|