|
|
Idiome - M
| |
Terug na IndeksSy maters is dood. - Hy het nie 'n gelyke nie.
Hy meet met twee mate. - Hy gebruik nie altyd dieselfde maatstaf nie.
Hy gooi met modder. - Hy beswadder 'n ander.
Wie sal hom uit die modder help? - Wie sal hom uit sy moeilikheid help?
Hy betaal my terug in dieselfde munt. - Hy behandel my soos ek hom behandel het.
As die muis dik is, is die koring bitter - as jy genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.
Klein muisies het groot ore - kinders luister fyn
Van die hand na die mond val die pap op die grond / Tussen die lepel en die mond val die pap op die grond - jou planne word dikwels verydel wanneer jy byna jou doel bereik het
Jy kan dit maar op jou maag skrywe - daar sal niks van kom nie.
Wie nie pas op sy tyd is sy maaltyd kwyt - as jy laat kom vir ete, kry jy nie kos nie.
Met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word - soos ons ander mense behandel, sal ons ook behandel word.
Elke man soen sy vrou op sy manier - elke mens doen 'n ding op sy eie wyse.
Self sien hoe jy die mas opkom - self sien dat jy die taak gedoen kry.
Die inwendige mens versterk - eet.
Op hierdie mes kan 'n mens Kaap toe ry - hierdie mes is baie stomp.
Moedersielalleen - heeltemal alleen.
As jy nie daardie mond gehad het nie, het die kraaie lankal jou oë uitgepik - jy kan darem baie praat, jy is darem baie glad met jou mond
Iemand na die mond praat - iemand vlei.
Hy maak 'n skoorsteen van sy mond - hy rook baie.
Iemand die mond snoer
- iemand laat ophou praat.
Jou mond verbypraat - iets sê wat jy eintlik nie moes gesê het nie.
Bitter in die mond maak die hart gesond - toe maar, die medisyne wat so sleg smaak, is eintlik baie goed vir jou; of die onaangename dinge wat jy nou ervaar, gaan jou 'n sterker mens maak.
Die môrestond het goud in die mond - soggens vroeg kry jy baie dinge gedoen.
Haar kop is vol muisneste - sy is so verlief dat sy net die hele tyd aan haar kêrel dink.
In die middel van die wêreld wees - radeloos wees, nie weet wat om te doen nie.
Murg in jou pype hê - sterk en daadkragtig wees.
Terug na Indeks
|