|
|
Idiome - L
| |
Terug na IndeksLedigheid is die duiwel se oorkussing. - As jy niks het om te doen nie, doen jy maklik die verkeerde dinge.
Sy argument het nie veel om die lyf nie. - Daar steek nie veel in sy argumente nie.
Hy het die regte lyf daarvoor. - Hy is net die man om dit te doen.
Hy kan sy lyf vetsmeer. - Hy gaan slae kry.
Dit lyk of hy 'n laaistok ingesluk het - hy is baie styf en ongesellig
Dit is so lank as wat die breed is - dit is om't ewe
Die lakens uitdeel - die baas speel.
'n Lansie vir iemand breek - 'n gunsie of 'n goeie woordjie vir iemand doen.
Groot lantern, weinig lig - gesê as iemand in jou lig staan.
'n Laatperskegesig - 'n suur en onvriendelike gesig.
Hy lag of hy betaal word
- hy lag baie lekker.
Ek lag my 'n boggel / ertjie / papie / ek lag my siek / ek lag my dood / ek lag my slap
- ek lag vreeslik.
Land en sand aanmekaar praat - sonder ophou oor allerhande dinge praat.
Ou kalant, lank in die land - gesê van 'n vernuftige mens met baie ervaring; ook gesê van iemand wat slu en listig is.
Hoe later hoe kwater
- hoe later dit word, hoe erger gaan dit.
So reg in die leeu se bek
- so reg in die moeilikheid.
Die leeueaandeel kry - die grootste, die belangrikste gedeelte ontvang.
Hulle is legio - daar is 'n baie groot menigte van hulle.
Lekker is net 'n vinger lank - plesier is maar kort van duur.
Die lendene omgord - klaarmaak vir die stryd of werk.
Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel - 'n leuen word altyd ontdek.
Lieg en bedrieg - baie oneerlik wees.
Die lier aan die wilger(boom) hang - ophou met dig (ophou met musiek maak).
In ligte laaie - in volle vlam.
Laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie - doen iets goeds sonder om dit vir almal te vertel.
Iemand met twee linkerhande - iemand wat baie onhandig is.
Nie links wees nie en iets doen - die taak dadelik aanpak.
Dis op almal se lippe - almal praat daarvan.
Iemand die loef afsteek - iemand oortref of sy plan verydel.
Lont ruik - agterdogtig raak.
Jou lyf wegsteek - skelm wees en nie jou deel doen wanneer daar gewerk moet word nie.
In lewende lywe - in eie persoon.
Terug na Indeks
|