|
|
Idiome - G
| |
Terug na IndeksDit lyk of hy van die galg gewaai is. - Hy lyk maer en bleek.
Hy hink op twee gedagtes. - Hy weet nie wat om te besluit nie.
Hy het die geelbaadjie aan. - Hy is jaloers
Dit staan my voor die gees. - Ek onthou dit
Hy maak of hy geld in die bank het. - Hy hou hom ryk.
Hy is ook hier in die gelid. - Hy is ook hier in die geselskap.
Veel geskreeu en weinig wol. - Daar is 'n groot lawaai oor 'n kleinigheid.
Daar is 'n geurtjie aan. - Nie alles is daar reg nie.
Gierigheid is die wortel van alle kwaad. - Geld en hebsug is die oorsaak van alle moeilikheid.
Hy laat nie gras daaroor groei nie. - Hy skenk dadelik aandag aan die saak.
Hul maak die dier van die gras af. - Hul maak die dier dood
Hy wou deur die grond sink. - Hy was baie skaam.
Eers grootmens en dan langore. - Kinders moet wag, want volwassenes kom eerste.
Gal afgaan - skerp veroordelend praat of skryf.
Met iemand se gal werk - iemand kwaai bestraf.
Jou pen in gal doop - uiters bitsig skryf.
Iemand 'n gat in die kop praat - iemand ompraat om iets te doen
Alte goed is buurmansgek - as 'n mens te goed is, word jy deur ander mense misbruik.
Die gelag betaal - alleen die straf dra nadat ander saam met jou oortree het.
Geld wat stom is, maak reg wat krom is - 'n mens kan baie met geld doen.
Genadebrood eet - van liefdadigheid lewe, soos wanneer 'n mens te oud is om nog te werk.
Die gewoonte maak die gewente - gewoonte raak tweede natuur.
Mense wat in glashuise woon, moenie met klippe gooi nie - 'n mens moet nie ander se foute kritiseer as jy self ook sulke gebreke het nie.
Goedkoop is duurkoop - goedkoop artikels se gehalte is gewoonlik so swak dat jy gou weer nuwes sal moet aanskaf en gevolglik meer sal moet betaal.
Alle grappies op 'n stokkie - laat ons nou ernstig raak ná die geskerts.
Van die gras af maak - doodmaak.
Nie gras onder jou voete laat groei nie - nie talm nie, maar 'n taak dadelik aanpak.
Daar is 'n adder / slang in die gras - daar is onraad, daar skuil iets agter.
'n Graswewenaar - 'n man van wie die vrou tydelik weg is.
Dis vir my Grieks - ek het daar geen benul van nie, ek verstaan dit glad nie.
Hy staan met sy een voet in die graf - Hy is naby aan dood
Terug na Indeks
|