|
|
Idiome - A
| |
Terug na IndeksIemand se aandele styg/daal by iemand anders. - Iemand kry 'n gunstiger/slegter indruk van iemand anders.
Dit kom nie daarop aan nie. - Dit maak nie saak nie.
Van A tot Z - Van begin tot end
Iets staan iemand nie aan nie. - Iemand hou nie van iets nie.
Iemand (in) sy/haar eer aantas. - Iemand se naam kwaad doen.
Iets te veel aanvoor. - Te veel onderneem
Iemand vir die aap hou. - Iemand vir die gek hou.
Jy lyk 'n mooi aap (om iets te doen) - Jy sal dit nooit kan regkry nie.
Iemand aapstert gee - Iemand 'n pak slae gee
Jou klein aapstert! - Jou klein bog!
Aanhouer wen. - Deur aan te hou, bereik 'n mens jou doel.
As dit daarop aankom. - As dit nodig mag wees.
Dit kom nie daarop aan nie. - Dit maak nie saak nie.
Iemand nie aankyk nie. - Nie aandag aan iemand gee nie / Iemand ignoreer
Agterbaks wees. - Agter iemand se rug gaan.
Die agterhoede dek. - Waak teen 'n aanval van agter.
'n Agtermekaar kêrel. - 'n Staatmaker.
Agterstevoor suinig wees. - Geld te bespaar op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge.
Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld. - Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp.
Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie. - Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse.
Die aap kom uit die mou. - Nou is die geheim verklap, bekend.
Dit lyk of die aasvoëls hom beetgehad het. - Sy klere is stukkend
Hy hou 'n agterdeur oop. - Hy sorg dat daar 'n loskomkans is.
Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. - Hy pak alles aan, maar maak van niks 'n sukses nie.
Armoede leer bene kou. - Armoede maak jou vindingryk.
Armoede maak jou vindingryk. - Hy lyk so minderwaardig, maar hy is talentvol.
Hy sit op die ashoop. - Hy is baie moedeloos.
Wie A sê, moet ook B sê.
- wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou.
Ek wil weet waar ek aan of af is - ek wil weet wat my posisie is
Aangeklam wees - (effens) dronk wees
Hoog by iemand aangeskrewe staan - in iemand se guns wees
Aan iemand se adres gerig - spesiaal bedoel vir 'n bepaalde persoon
Van aangesig tot aangesig met iemand praat - 'n persoonlike gesprek met iemand voer
Hoog in aansien wees - Hooggeag wees
Iemand van aansien wees - iemand wees wat hoë agting in die gemeenskap geniet
Sonder aansien des persoons - sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al
Aanstaltes maak - voorbereidsels tref / met iets begin
Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. - Mooi klere alleen verander nie iemand se karakter nie.
Jou 'n aap skrik vir iets. - geweldig daarvoor skrik.
'n Aap in die mou hê. - slinkse streke verberg.
Nes 'n aap op 'n stokkie sit. - erg beteuterd lyk.
So min van iets weet as 'n aap van godsdiens. - geen kennis hoegenaamd van iets hê nie
Die aapstuipe kry. - onbeheerbaar kwaad wees.
Hard met die aarde kennis maak. - hard op die grond val
Die abc van iets. - die elementêre beginsels van iets.
Die achilleshiel van iemand. - die kwesbare plek van iemand of die swak punt in sy karakter.
Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. - gesê van iemand wat die skuld op 'n ander probeer pak.
Die aftog blaas. - vinnig retireer nadat jy nie in jou doel kon slaag nie.
Aftrek kry. - gewild wees.
Agteros kom ook in die kraal. - al is 'n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees.
Gods water oor Gods akker laat loop. - dinge maar hul gang laat gaan sonder om iets van jou kant af te doen
Akkoord gaan met iets. - met iets saamstem.
Die alfa en die omega. - die begin en die einde.
Alkant selfkant. - dis om 't ewe, dit maak geen verskil nie.
Op alles ja en amen sê. - bloot saamstem met ander sonder om ooit 'n eie mening uit te spreek.
Die appel val nie ver van die boom nie. - die kind is soos die pa of ma.
Ek het 'n appeltjie met jou te skil / iemand onder vier oë spreek - ek wil 'n onaangename saak met jou bespreek
Net 'n appel en ei vir iets betaal. - iets baie goedkoop verkry.
Arbeid adel. - werk veredel 'n mens.
Ook 'n stuiwer in die armbus gooi / 'n noot in die psalm gehad - ook 'n bydrae tot die gesprek probeer lewer deur 'n onbenullige opmerking te maak.
Een vrot appel steek al die ander aan. - Een slegte mens oefen slegte invloed op baie ander uit.
Jy kan hom uit die as skop. - Hy is 'n niksbeduidende persoon.
Waar die aas is, vergader die aasvoëls. - Die hebsugtiges is altyd by waar iets te buit is.
Hy bewaar 'n appeltjie vir die dors. - Hy bewaar dit vir die dag dat hy dit mag nodig kry.
'n Mens het niks aan daardie kêrel nie. - daardie kêrel beteken nie veel nie.
Hy het twee aangesigte. - Hy is vals, hy doen hom anders voor as wat hy werklik is.
Hy lyk afgerem - hy lyk moeg en gedaan
Die laaste asem uitblaas. - sterf
Moenie al die aanbrandsel uit die pot krap nie. - Moenie al jou middele in een slag aanwend/waag nie.
Dis nog nie aand nie. - Dinge kan nog skeefloop voordat die dag verby is.
Die ene aandag wees. - Met groot belangstelling luister.
So bitter soos aalwyn. - Galbitter
Iemand het aalwyn getap. - Iemand is verbitterd. Iemand is in 'n slegte stemming
Aan iets kom. - Iets in besit kry.
Daar is niks aan nie. - Dit is maklik
Nie 'n A voor/van 'n B ken nie. - Ongeletterd wees.
Op iets aanspraak maak. - Beweer dat iets joune is.
Die bottel (goed) aanspreek. - Baie alkoholiese drank drink.
Iemand aanstoot gee. - Iemand beledig / Iemand te na kom
Jou iets aantrek. - Jou oor iets kwel
In aanvraag wees. - Gesog / Gewild wees.
Op jouself aangewys wees. - Op eie vermoëns moet staatmaak.
Soos 'n aap in 'n porseleinkas / glaskas wees. - Baie onhandig wees.
'n Regte aap wees. - Baie verspot wees.
Iemand dink dat hy/sy 'n aap aan die stert beet het. - Iemand dink hy/sy kan iemand alles wysmaak.
Te veel ape aan jou stert hê. - meer onderneem as wat jy kan behartig.
Aandskof ry. - vir 'n meisie gaan kuier
Met iets aangedraf kom. - ongevraagde inligting verskaf
Iets sit of dit aangegiet is. - Iets pas perfek
Van aangesig tot aangesig - In lewende lywe
Iets staar iemand in die (aan)gesig. - Iets (onaangenaams) lê iemand voor.
By iemand goed/hoog aangeskryf/aangeskrewe staan. - In iemand se guns wees
Êrens aangewaai kom. - Toevallig/Onverwags iewers opdaag.
Ten aanhore van. - In die teenwoordigheid van.
(By iemand) om iets aanklop. - Iets (by iemand) vra
Iemand skeef aankyk. - Iemand met afkeer/twyfel aankyk.
Nie weet waar iemand sal aanland nie. - Nie weet wat van iemand sal word nie.
By 'n meisie aanlê. - Na 'n meisie vry.
'n Goeie ding prys homself aan. - Iets van goeie gehalte (of waarde) hoef nie geprys te word nie.
Waarvoor sien jy my aan? - Hoe kan jy so iet van my verwag?
Ten aanskoue van... - Voor die oë van...
Die aapstuipe kry. - Verskriklik kwaad wees.
Iemand die aapstuipe op die lyf jaag. - Iemand erg laat skrik
Dit lê nie in / Dit is nie in.. my aard nie. - Dit is nie volgens my natuur nie.
Niks van dié aard nie. - Glad nie op hierdie manier nie.
Uit die aard van die saak. - Dit spreek vanself
Dis 'n aardbewing/orkaan in 'n miershoop/mishoop - Dis 'n groot gedoente oor niks.
Ter aarde bestel. - Begrawe
Te goed vir hierdie aarde. - Besonder goed.
Wat op dees aarde! - uitroep van verbasing / verwondering / ontsteltenis
Verskroeide aarde - Beleid van vernietiging in 'n oorlog van alles wat die vyand kan gebruik
Voel of jy in die aarde kan insink - Baie skaam voel
Dit was 'n (hele) aardigheid - Dit was iets besonders
Net vir die aardigheid - Net vir die grap
Aardjie na sy/haar vaartjie - Met dieselfde eienskappe as sy/haar vader.
As jy aas roer, stink dit. - Moenie jou met onsmaaklike sake bemoei nie
Dit lyk of die aasvoëls iemand se kos afgeneem het. - Iemand lyk verleë
Iemand hou sy/haar lyf aasvoël. - Iemand kom net voor ete op 'n plek aan en vertrek onmiddelik daarna.
'n Regte aasvoël wees. - 'n Vraat wees
Dis 'n slegte aasvoël wat bly sit as hy gevreet het. - Gesê as verskoning deur 'n gas wat onmiddellik na ete wil vertrek.
Iemand ken nie die abc nie. - Iemand weet niks (nie).
Vir iemand die abc moet leer. - 'n Onkundige persoon met eenvoudige sake moet help.
In Abraham se skoot grootword. - As kind bederf word.
In Abraham se skoot wees. - Gelukkig wees.
Iemand nie van Adam af ken - Iemand glad nie ken nie.
Die ou Adam. - Die mens se sondige natuur
Adam en Eva se skoene aantrek. - Kaalvoet loop
'n Adder aan die bors koester. - Goed doen aan iemand wat dit met kwaad vergeld.
By die verkeerde adres wees. - Nie by die regte persoon wees nie.
Iemand van advies dien. - Iemand raad gee
Lieg soos 'n advokaat. - Geslepe lieg
Praat soos 'n advokaat. - Baie glad met die tong wees.
Goed af wees. - Welgesteld wees.
Dit gaan op en af. - Dit gaan beter en slegter
Afbreuk doen aan iemand/iets. - Iemand/Iets benadeel
Iemand van iets afbring. - Iemand ompraat
Meer afbyt as wat jy kan kou. - Meer onderneem as wat jy kan uitvoer.
Op die afdraande wees. - Agteruitgaan.
Op die afdraande wees met jou briek/rem los. - Deur jou eie skuld jou ondergang tegemoetgaan.
'n Mooi affêre. - 'n Afkeurenswaardige gedoente.
'n Afgedankste loesing. - 'n Kwaai pak slae.
'n Afgod (met voete) van klei. - Iets waarop nie staatgemaak kan word nie.
Van iets 'n afgod maak. - Te veel waarde aan iets heg.
Iemand afhaal. - Iemand beledig.
Iemand afjak. - Iemand kortaf antwoord.
Iemand afkam. ~ Idiome - Iemand verkleineer.
Op iemand afklim. - Iemand slegsê.
Iets op iemand aflaai. - Iets (bv onaangename werk) aan iemand anders opdra.
(By iemand) afpak. - Jou hart lug/uitsort.
Met iemand afreken. - Iemand straf.
Van iets afsien. - Iets opgee (of laat vaar)
Iets afskop. - Iets begin / Iets 'n aanvang laat neem (funksie, projek ens)
Iets aan iemand afsmeer. - Op 'n oneerlike manier iets minderwaardigs verkoop.
Die afstand bewaar. - Nie toenadering soek nie.
Iemand op 'n afstand hou. - Iemand koel behandel.
'n Aftrek kry. - Goed verkoop.
Jou aan iets afvee. - Jou nie die minste aan iets steur nie.
Skitter deur jou afwesigheid. - Die aandag trek deur afwesig te wees.
Iemand in ag neem. - Iemand (se gevoel) respekteer.
Nie ag slaan op iets nie. - Nie notisie neem van iets nie.
'n Nuuskierige agie. - Gesê van 'n baie nuuskierige persoon.
Nuuskierige agies hoort in die wolwehok - gesê vir iemand wat baie nuuskierig is.
Agter iets kom. - Iets uitvind
Van agter beter lyk as van voor. - Baie lelik wees.
Daar sit/skuil/steek iets agter. - Iets word weggesteek.
Agter iets wees. - Iets probeer kry.
Iets agteraf doen. - Iets in die geheim doen
Agteraf mense. - Onbeskaafde mense.
By 'n agterdeur inkruip. - 'n (Bevoorregte) posisie deur beïnvloeding kry.
Vinniger by die agterdeur uitgaan as wat dit by die voordeur inkom. - Spandabelrig leef sodat die uitgawe die inkomste oorskry.
Op die agtergrond bly. - Nie aandag trek nie.
Jou agterkant op/vir iemand draai. - Iemand uit die hoogte behandel.
Iets is agtermekaar. - Iets is reg / in order.
Iets agtermekaar sit. - Iets regmaak.
Iemand skop agterop. - Iemand is baie vrolik/gelukkig.
Gou op jou agterpote staan / wees. - Gou kwaad word
'n Agterryer wees. - Vir iemand vernederende werkies doen.
By niemand agterstaan nie. - Niemand se mindere wees nie.
Die agterstand inhaal. - Onvoltooide werk klaarmaak.
'n Perd agterstevoor ry. - 'n Saak verkeerd aanpak.
Agterstevoor te werk gaan. - Verkeerd te werk gaan.
Iemand boer agteruit. - Iemand gaan agteruit.
Iets moet agterweë bly. - Iets moet nie gebeur nie / Iets word nie gedoen nie.
Iets agterweë laat. - Nie oor iets praat nie
'n Air aanneem. - 'n Aanstellerige houding aanneem.
Laat jy jou met akkers in, word jy van/deur varke gevreet. - Dit doen iemand kwaad om met ongewenste persone maats te wees.
Elkeen op sy eie akker. - Elkeen op sy pos / Elkeen moet hom met sy eie sake bemoei.
Nie omgee oor watter akkers die water loop nie. - Jou nie aan die gevolge van 'n daad steur nie.
'n Aksie met/teen iemand hê. - Moeilikheid met iemand hê.
'n Aksie instel. - 'n Hofsaak aan die gang sit.
Alarm maak. - Mense waarsku oor iets.
'n Vals alarm. - 'n Opskudding waarvoor daar nie rede is nie.
Van alfa tot omega. - Van die begin tot die einde.
Nie alleen wees nie. - Dronk wees.
Allemansgoed is niemandsgoed. - Goed wat nie onder een persoon se sorg is nie, word verwaarloos.
Allemansvriend is niemandsvriend. - Iemand wat almal se guns wil wen, word dikwels verag.
Elkeen is homself die allernaaste. - Eiebelang weeg die swaarste.
Bo alles - Belangriker as alles
Met dit alles. - Desnieteenstaande.
Voor alles - Die allerbelangrikste saak.
Alles vir iemand wees. - Die mens wees wat vir iemand die meeste beteken.
Alles wel - Alles in orde.
Almanakke druk - Onwaarhede vertel.
Lieg soos 'n almanak. - Baie lieg
Uit die almanak wegloop. - Spoorloos verdwyn.
Die nou nie almaskie/almiskie nie. - Dis heeltemal seker
So bitter soos als. - Galbitter
Jou pen in (gal en) alsem doop. - Bitter oor 'n saak skryf.
Wie die altaar bedien, moet van die altaar lewe. - Elkeen behoort uit sy beroep 'n bestaan te kan maak.
Altare vir iets/iemand bou. - 'n Saak/Persoon hoog aanslaan.
Voor die altaar. - By die huweliksbevestiging.
Dis nie altemit nie. - Dis heeltemal seker.
Amper, maar nog nie stamper nie. / Amper is op die blok se stamper. - byna, maar nog nie heeltemal nie.
Sy is 'n Amasone. - Sy is 'n strydlustige vrou.
Iemand kan nie amen sê nie. - Iemand praat te lank
Amen sê op iets. - Saamstem met iets.
So seker as amen in die kerk. - Baie seker.
Ja en amen speel. - Iemand na die mond praat.
Amok maak. - Woes en wreed te kere gaan.
Amper is honderd myl van Amsterdam. - Al het 'n mens iets byna bereik, is dit nog nie heeltemal nie.
Dit was so amper amper. - Byna het dit gebeur
Jy is weer 'n ander een. - Jy doen snaakse dinge.
Die een die ander - Mekaar
Heeltemal iets anders. - Iets heeltemal verskillend
Dit kan nie anders nie. - Daar is niks aan te doen nie.
Dis nooit anders nie. - Dis soos dit werklik is.
Die angel sit agter in die by. - Die moeilikheid kom dikwels aan die end van gebeure.
Voor anker lê. - Geanker wees.
Antjie Somers - Iemand om kinders mee bang te maak.
Terug na Indeks
|